Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Trump waarsku oor ‘baie pynlike tyd' wat voorlê

Pres. Donald Trump het Dinsdag gewaarsku dat ’n “baie pynlike twee weke” vir Amerikaners voorlê.

Trump het op ’n nuuskonferensie gevra dat mense in die land glad nie hul huise verlaat om na restaurante of kroeë te gaan nie.

Hy het ook gevra dat groepe van meer as tien mense vermy moet word en dat mense ’n gesonde afstand van mekaar behou.

“Dit is absoluut kritiek dat Amerikaners die maatreëls vir die volgende 30 dae nakom. Dit is nou ’n geval van lewe of dood,” het Trump gesê.

Deborah Birx, die Withuis-koördineerder vir Covid-19, het op dieselfde nuuskonferensie grafieke omhoog gehou om te wys dat tot soveel as 240 000 mense in Amerika weens Covid-19 kan sterf.

Op een van die grafieke word selfs aangetoon dat tot 2,2 miljoen mense kan sterf indien die maatreëls nie nagekom word nie. Dié syfer het Trump genoop om sy voorneme te laat vaar om die land uit vrees vir die impak op die ekonomie teen Paasnaweek weer oop te stel.

“Ons wil hê Amerikaners moet hulle voorberei op ’n moeilike tyd wat voorlê,” het Trump gesê.

Trump sal vir die volgende 30 dae in die Withuis wees en oorweeg glo om ’n reisverbod na Brasilië in te stel.

Die Withuis het gevra dat Amerikaners serpe as maskers gebruik nadat gesonde mense aanvanklik afgeraai is om maskers te dra sodat daar genoeg vir die mediese personeel is.

Volgens die Johns Hopkins-kaart is die virussiekte reeds by 189 510 mense in Amerika gediagnoseer. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.