Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Twee vroue baklei oor toiletpapier

Twee vroue van Sydney is aangekla nadat hulle gister in ’n gewelddadige onderonsie oor toiletpapier betrokke geraak het.

Winkels in Australië het klante tot een pak per persoon beperk te midde van inwoners wat uit paniek toiletpapier opgaar.

Die polisie van Nieu-Suid-Wallis het gesê die twee vroue, onderskeidelik 23 en 60 jaar oud, is gedagvaar om op 28 April in die hof te verskyn “ná ’n rusie in die supermark”.

Toiletpapier het na nommer een op die inkopielys geskuif weens vrees dat voorrade uitgeput sal raak weens die korona­virus.

Die koronavirus-gevalle in Australië staan op 70. ’n Man van in sy 80’s het die derde sterfgeval geword weens Covid-19 in dié land.

Toiletrolle het Saterdag hoofopskrifte gehaal toe die polisie na ’n supermark in die suidweste van Sydney ontbied is nadat ’n geveg oor toiletpapier tussen drie vroue uitgebreek het.

Beeldmateriaal van die voorval het vinnig op sosiale media versprei en gewys hoe vroue oor ’n winkeltrollie wat vol toiletpapier gelaai is, op mekaar skree en ba­klei. Dit het personeel genoop om tussenbeide te tree.

Een vrou het geskree: “Ek wil net een pak hê.”

’n Ander, wat die oorlaaide trollie vasgehou het, het teruggeskree: “Nee, nie een pak nie.” Daarna het die personeel ingetree.

Die vrou wat na bewering aangeval is, is nie beseer nie en niemand is in hegtenis geneem nie.– Reuters

Meer oor:  Sydney  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.