Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Uber-bestuurder in VSA beken skuld op moorde

’n Uber-bestuurder in Amerika wat daarvan aangekla word dat hy ses mense doodgeskiet het, het skuld beken.

Jason Dalton

Jason Dalton (48) het voorheen aangevoer die app het hom beveel om die mense te skiet waarna hy in Februarie 2016 op die groep in Michigan losgebrand het en vir sowat vyf uur aangehou skiet het. Twee mense is ook beseer.

In April 2016 het ’n regter beslis Dalton is verstandelik geskik om verhoor te word nadat psigiaters bevind het hy verstaan die aanklagte teen hom. Maar twee maande later het sy regsverteenwoordiger aangedui Dalton beplan om waansin as verweer te gebruik.

Ná sy skulderkenning Maandag het aanklaers gesê lewenslange tronkstraf staar hom in die gesig.

Dalton het vroeër ’n siviele eis teen Uber gebring en aangevoer wanneer hy ’n knoppie op sy foon druk, het ’n horingagtige beeskop van ’n duiwel verskyn wat sy liggaam oorgeneem het en hom beveel het om moord te pleeg.

Meer oor:  Michigan  |  Vsa  |  Uber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.