Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Verkragte vrou vermoor voor sy kon getuig

’n Slagoffer van verkragting is in ’n aanval aan die brand gesteek kort voordat sy moes getuig.

’n Groep mans het die vrou (23) in Nieu-Delhi, Indië, aangeval, keroseen oor haar gegooi en haar toe aan die brand gesteek.

Een van die mans was glo haar vermeende verkragter.

Die vrou se hart het gaan staan ná dae in die hospitaal, het dokters Saterdag bevestig. Haar brandwonde was so erg dat 95% van haar liggaam verbrand was.

’n Ambulans neem die vrou weg nadat sy aan die brand gesteek is. Foto: Reuters

Selfs haar lugweg is geskroei, wat giftige en warm walms na haar longe laat versprei het.

Die vrou het die verkragting op 12 Desember 2018 aangemeld waarna die verdagte aangekeer is. Hy is egter verlede week op borgtog vrygelaat.

Donderdag het die einste verdagte na bewering saam met nog vier mans op die vrou toegeslaan toe sy ’n trein gehaal het op pad na haar verhoor. Hulle het haar geslaan, gesteek en toe verbrand.

Terwyl sy aan die brand was, het sy sowat ’n kilometer ver geloop om hulp te ontbied, volgens die Aaj Taj-nuusdiens.

Die voorval het skokgolwe deur die land gestuur.

Meer oor:  Indië  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.