Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Inwoners vlug voor reusevlamme in Kalifornië

’n Bosbrand in die noorde van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië versprei teen so ’n tempo dat mense letterlik voor die vlamme vlug.

CNN berig die brand spring teen ’n tempo van 80 voetbalvelde per minuut.

Mense is gedwing om teen ’n spoed hul huise te ontruim, maar baie inwoners en brandbestryders is reeds beseer.

View this post on Instagram

the world is burning down. lucky to be safe today

A post shared by Lan (@allanahalll) on

Die BBC berig sterftes is aangemeld, maar moet nog bevestig word, het Kory Honea, sheriff van die Butte-distrik, aan verslaggewers gesê.

’n Noodtoestand is reeds in een distrik afgekondig.

Die brand het Donderdag omstreeks 06:30 (plaaslike tyd) ontstaan.

Kalifornië se departement van bosbou sê die brand het teen 14:00 oor ’n gebied van sowat 8 000 hektaar gebrand.

Sterk wind blaas die vlamme aan.

Die brand is Camp Fire gedoop omdat dit by Camp Creek ontstaan het.

Mense in die gebied het video’s op Twitter geplaas.

Meer oor:  Bosbrand  |  Kalifornië  |  Kalifornië-Brande  |  Wegholbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.