Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Vrou met dogter herenig ná aanhouding in Dubai

Die streng internetwette in Dubai is soos ’n gelaaide pistool teen mense se koppe, het ’n Britse vrou se helpers gesê nadat sy met ’n boete uit die tronk vrygelaat is omdat sy haar eksman se nuwe vrou ’n “perd” genoem het.

Laleh Shahravesh (55) is deur twee jaar tronkstraf in die gesig gestaar. Sy het op die ou einde met ’n boete van £625 (sowat R11 500) daarvan afgekom en is in Londen met haar dogter herenig, berig die BBC.

Shahravesh is in Dubai gehelp deur ’n organisasie wat hulself Detained in Dubai noem. Sy het die hoofbeampte van die organisasie, Radha Stirling, bedank.

Laleh Shahravesh is deur twee jaar tronkstraf in die gesig gestaar. Foto: Facebook

Stirling het gesê enigiemand met wie jy dalk rusie in die verlede gehad het, al ken jy hulle nie eens nie, kan jou kommentaar op sosiale media lees en jou by die telecom-beheerliggaam aanmeld in Dubai wat dan ’n polisiesaak teen jou open.

“Dit is ’n feit dat omtrent enigiemand wat Dubai besoek, al in hul lewe daardie kuberwette oortree het en dus in hegtenis geneem kan word,” het Stirling gesê.

Shahravesh het Dubai besoek vir die begrafnis van haar eerste man. Sy het in 2016 egskeidingsdokumente van haar tweede man, Pedro Correia Dos Santos, ontvang ná 18 jaar van getroude lewe en op Facebook gesien dat hy weer gaan trou, berig Euronews.

Sy het toe in Farsi op Facebook geskryf: “Ek hoop jy gaan ondergrond, jou idioot. Jy het my gelos vir daardie perd.”

In ’n ander inskrywing het sy gesê: “Jy het met ’n perd getrou, jou idioot.”

Shahravesh het erken haar optrede was verkeerd, maar sê sy was kwaad en seergemaak toe sy van sy nuwe troue uitgevind het deur foto’s daarvan te sien op Facebook.

Meer oor:  Dubai  |  Laster  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.