Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kyk: Vrou wat 3 met byl aanval, gevonnis

’n Vrou wat drie mense met ’n byl in ’n winkel in Sydney, Australië, aangeval het, is tot nege jaar tronkstraf gevonnis. Sy sal minstens vier en ’n half jaar moet uitdien voordat sy vir parool in aanmerking kan kom.

Evie Amati (26) van Sydney, Australië, wat drie mense met ’n byl aangeval het. Foto: dailymail.co.uk

Videomateriaal van die winkel waar die aanval plaasgevind het, wys hoe Evie Amati (26), ’n transgender-vrou, met ’n groot byl in haar hande by die winkel instap. Sy het ook ’n groot mes in haar agtersak gehad.

Amati loop tussen die rakke deur die winkel en gesels ’n rukkie met ’n man voordat sy haar arms lig en hom met die byl kap.

Ben Rimmer, Amati se eerste slagoffer, se neusbeen, oogkas en wangbeen is gebreek en hy het geweldig gebloei, berig The Sydney Morning Herald. Hy was bang hy bloei hom dood. Hy het later gesê hy het gedink Amati was by ’n fantasiepartytjie.

Sharon Hacker het melk gekoop en by die winkel uitgestap toe Amati haar met die byl kap. Dit het Hacker agter haar kop getref en haar skedel gebreek. Hacker se dik rastalokke het die impak van die hou versag. Terwyl Hacker gelê het, het Amati haar weer probeer kap, maar het gemis.

Amati het daarna doodluiters by die winkel uitgeloop.

Sy het haar derde slagoffer, Shane Redwood, buite die winkel teëgekom. Ná die eerste hou het Redwood sy rugsak afgetrek en dit voor hom gehou as ’n skild.

The Australian berig Amati, ’n voormalige regstudent aan die Universiteit van Sydney, het enkele minute voor die aanval ’n onheilspellende boodskap op haar Facebook-blad geplaas: “Mense kan net vernietig en haat, so dit is wat ek sal doen.”

’n Jurie het haar in Augustus verlede jaar skuldig bevind op twee aanklagte van aanranding met die doel om te vermoor, en een aanklag van poging tot aanranding met die doel om te vermoor.

Die Australiese uitsaaier ABC berig Amati het skuld ontken in die hof. Haar verweer was dat sy ’n giftige mengsel van hormoonmedikasie, dagga, amfetamiene en alkohol ingeneem het voor die aanvalle, en dat sy niks daarvan onthou nie.


Meer oor:  Sydney  |  Australië  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.