Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Walvisse by Tasmanië gestrand, 90 reeds dood

Sowat ’n derde van die 270 loodswalvisse wat by Tasmanië gestrand is, het gevrek.

Wetenskaplikes sê dat ongeveer 90 walvisse dood is sedert hulle Maandag aan die weskus van die eiland opgemerk is.

Beeldmateriaal wys dat van die walvisse op ’n sandbank by Macquarie Harbour, ongeveer 200 km noordwes van die hoofstad, Hobart, gestrand is, terwyl die res in vlak water rondspartel.

Van die gestrande loodswalvisse aan die weskus van Tasmanië. Foto: Reuters

Reddingspanne kon Dinsdag ongeveer 25 walvisse dieper die see in lei. Hulle moes die ysige water trotseer om die walvisse vas te maak en hulle te lei terwyl bote hulle die see in sleep.

“Ons het besluit om ’n band onder die walvis te sit wat aan ’n boot vas is en ons het bemanning in die water,” het Nic Deka, ’n streekbestuurder van Tasmanië se wild- en parkeraad, gesê.

Meer as 60 mense is by die reddingspoging betrokke, insluitend plaaslike vissermanne en vrywilligers. Hulle werk in skofte om hipotermie te voorkom.

Mariene bioloë sê die reddingspoging sal waarskynlik ’n paar dae duur, berig die BBC.

Plaaslike vissermanne en vrywilligers lei ’n walvis die see in. Foto: Reuters

Wetenskaplikes weet nie waarom walvisse hulself strand nie, maar hulle volg “ ’n leier” en kom bymekaar waar ’n walvis in nood verkeer of beseer is.

Kris Carlyon, ’n natuurbioloog by die regering se bewaringsagentskap, sê hulle sal Woensdag ’n nuwe skatting gee van hoeveel walvisse gevrek het, maar sal die oorblywende diere vinniger probeer help.

“Ons het te doen met groot diere in nood. Dit is baie emosioneel. Dit is ’n natuurlike gebeurtenis, so ons weet van die diere gaan vrek. Ons fokus egter daarop om soveel soos moontlik te red,” sê Carlyon.

Walvisse wat gestrand raak, kom algemeen in die streek voor, maar ’n stranding van hierdie omvang is tien jaar laas gesien. Tasmanië het in 2009 ’n massastranding aangeteken waarby ongeveer 200 walvisse betrokke was.

In 2018 het meer as 100 loodswalvisse gevrek nadat hulle aan die kus van Nieu-Seeland gestrand was. – Reuters


Meer oor:  Gestrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.