Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Warren begin haar presidensiële veldtog

Elizabeth Warren, die uitgesproke en liberale Amerikaanse senator, het amptelik haar veldtog van stapel gestuur om die land se volgende president te word.

Warren, wat dikwels met pres. Donald Trump kop stamp, het haar veldtog Saterdag op ’n byeenkoms in Lawrence in die Amerikaanse deelstaat Massachusetts aangekondig.

Die senator het beloof sy sal as president ekonomiese ongelykheid pak en “welgestelde magsagente wat reeds dekades lank ’n klasseoorlog voer” takel.

In ’n toespraak van ’n driekwartier het Warren gesê Amerika se politieke elite is “omgekoop” en word deur korporatiewe reuse “geboelie”, sonder om spesifieke name te noem.

“Die man wat tans in die Withuis is, is nie die oorsaak nie, maar hy is die jongste en ergste simptoom van wat met Amerika verkeerd gegaan het,” sê sy.

Sy beskryf Trump as ’n “produk van ’n gemanipuleerde stelsel wat welgestelde Amerikaners verhef” en stof in die oë van almal anders skop.

Wie is Elizabeth Warren?

Elizabeth Warren (69), oorspronklik van Oklahoma, is sedert 2012 ’n senator van die deelstaat Massachusetts.

Sy was voorheen ’n regsprofessor aan die Universiteit van Harvard.

Sy is die skrywer van twee boeke oor goeie huishoudelike bestuur wat sy saam met haar dogter, Amelia, geskryf het. Sy het ook ’n seun, Alexander.

Sy is getroud met Bruce Mann, ook ’n professor in die regte. Sy het egter die van van Jim Warren, haar eerste man, behou.

Sy is egter nie die enigste senior Demokraat wat bereid is om hom by die stembus die stryd aan te sê nie.

Kamala Harris en Cory Booker, albei ook senatore, het reeds hul naam in die hoed gegooi.

Bernie Sanders, wat in 2016 teen Hillary Clinton om die Demokratiese benoeming meegeding het, sal homself na verwagting ook eersdaags weer verkiesbaar stel.

Warren het onlangs onder skoot gekom nadat sy verlede maand ’n omstrede DNS-toets laat doen het om te bepaal of sy dalk van Indiaanse oorsprong is.

Trump het neerhalend na haar as ’n “vals Pocahontas” verwys en gesê sy het die toets laat doen om haar politieke loopbaan ’n hupstoot te gee.

Warren het later om verskoning gevra dat sy haar herkoms wou ondersoek en gesê dit was onsensitief.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.