Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Weermag in Nigerië brand los op betogers

’n Groep soldate in Nigerië het Dinsdagaand omstreeks 19:00 in die Lekki-distrik in Lagos losgebrand op mense wat teen polisiegeweld betoog.

The Guardian berig dat sewe mense dood is, volgens iemand wat die voorval regstreeks op sosiale media uitgesaai het.

Inyene Akpan (26), ’n fotograaf, het gesien hoe 20 soldate by ’n tolhek opdaag en op betogers losbrand. Hy sê hy het gesien hoe twee mense raakgeskiet word.

Reuters berig hy het ’n geverifieerde video van mans wat stadig in formasie na betogers stap, waarna geweerskote gehoor kan word.

“Hulle het met skerppuntammunisie op die skare geskiet. Ek het gesien hoe een of twee mense getref word,” het Alfred Ononugbo (55), ’n veiligheidswag, aan Reuters gesê.

Die weermag sê in ’n verklaring geen soldate was ontplooi waar die skietery plaasgevind het nie.

Babajide Sanwo-Olu, goewerneur van Lagos, het gewonde mense in die hospitaal besoek.

Hy sê 25 mense word vir ligte tot matige beserings in die hospitaal behandel, terwyl twee in die waakeenheid is. Drie mense is volgens hom reeds ontslaan.

Die owerhede gaan die voorval ondersoek.

“As goewerneur van ons staat, erken ek ek moet verantwoordbaar wees en sal ek sorg dat daar vasgestel word wat hier gebeur het,” het Sanwo-Olu gesê.

Hy sou later vanoggend inwoners in ’n regstreekse uitsending toespreek.

Duisende Nigeriërs het vir die afgelope twee weke teen die spesiale anti-rooftogeenheidspolisie betoog omdat hulle glo dat die eenheid mense al vir jare uitbuit, teister, martel en vermoor.

Die eenheid is op 11 Oktober ontbind, maar die betogers het aanhou betoog en dring daarop aan dat wetstoepassing hervorm word.

Amnestie Internasionaal sê minstens 15 mense is reeds dood sedert die betogings begin het. – Reuters

Meer oor:  Weermag  |  Polisiegeweld  |  Nigerië  |  Betogings  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.