Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Xenofobie in Amerika te midde van vrees oor virus

Covid-19, die dodelike koronavirusstam wat in Wuhan, China, uitgebreek het, se negatiewe impak sluit nou ook rassisme en xenofobie in.

So sê kenners wat met CNN gepraat het nadat daar talle sulke gevalle weens Covid-19 in Amerika plaasgevind het.

’n Man in New York het ’n vrou met ’n gesigmasker ’n “besmette t**f” genoem, terwyl ’n man in Los Angeles op die ondergrondse trein gesê het dat Chinese mense vuil is en “elke siekte nog van China gekom het”.

Intussen word ’n video van ’n voorval in New York, waar ’n man ’n vrou slaan wat ’n gesigmasker op het, wyd op sosiale media gedeel.

Kenners in Amerika glo onkunde en verkeerde inligting oor Covid-19 dra by tot dié aanvalle in Amerika teen enigiemand wat lyk asof hulle Asiaties is.

Rosalind Chou, ’n professor by Georgia State University, sê hulle sien ’n toename in gevalle van rassisme en xenofobie in Amerika teenoor enigiemand wat Asiaties lyk.

“Met nuus oor die koronavirus, sien ons die vrees in enigiemand wat so lyk. Dit is regte mense wat hierdeur geraak word,” sê Chou.

China het intussen Vrydag hul jongste syfers oor Covid-19 bekend gemaak. Die gesondheidskommissie in China sê 889 mense het deur die loop van Donderdag die virus opgedoen wat die totale getal in China by 75 465 gevalle bring.

Die dodetal weens Covid-19 staan tans op 2 236 in China.

Wêreldwyd het 76 691 mense dit opgedoen, terwyl die virus in totaal 2 247 mense se lewe geëis het. Reuters

Meer oor:  Amerika  |  Koronavirus  |  Xenofobie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.