Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Laaste 4 SA’ners terug ná aanval in Egipte

Die vier Suid-Afrikaners wat in Egipte agtergebly het nadat hulle bus Sondag deur ’n bom naby die Giza-piramides beskadig is, het Woensdag in die land aangekom.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het bevestig dat die drie beseerdes en die een se eggenoot wat agtergebly het, Woensdag in die land aangekom het. Die drie wat tydens die bomaanval beseer is, het agtergebly om mediese hulp te kry.

Minstens 20 Durbaniete was deel van ’n bus van 25 Suid-Afrikaanse toeriste wat Sondag op pad na die Giza-piramides was toe ’n bom langs die pad naby die bus ontplof het.

Mense staan om die toerbus wat Sondagaand deur ’n bom naby die Giza-piramides geruk is. Foto: Reuters

Dirco het egter later aangedui dat daar 28 Suid-Afrikaners was en nie 25 soos hulle aanvanklik gesê het nie nadat hulle Vusi Mavimbela, Suid-Afrika se ambassadeur in Egipte, gekonsulteer het.

Die ander 24 toeriste wat in die bomontploffing was, het reeds Maandag in die land aangekom.

Dirco sê hulle sal nie enige ander inligting oor die toeriste uitreik nie omdat die mense vir privaatheid gevra het.

Meer oor:  Giza-Piramides  |  Bom  |  Bomaanval  |  Toeriste  |  Egipte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.