Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Laaste nag vir 4 seuns in grot – hopelik

Agt van die 12 Thaise seuns wat saam met hul sokkerafrigter in die Tham Loeang-grot vasgekeer was, is aan die einde van dag twee van ’n internasionale reddingspoging uit die grot gered.

Die reddingspoging is Maandag laat afgelas tot Dinsdag, nadat nog vier van die seuns op die tweede dag gered is, dieselfde getal as wat Sondag op die eerste dag van die reddingsoperasie na veiligheid gebring is.

Reuters berig Thaise regeringsamptenare beskerm die identiteit van diegene wat reeds gered is en selfs die seuns se ouers weet nog nie wie is veilig en wie is steeds in die grot vasgekeer nie.

Van die seuns wat gered is, word van ’n militêre helikopter na ’n ambulans verskuif. Foto: Reuters/Athit Perawongmetha

’n Ooggetuie naby die Tham Loeang-grot het bevestig mediese personeel is Maandag opgemerk waar hulle vier mense uit die grot gedra het na ambulanse wat gewag het om hulle verder te vervoer.

Die vier seuns wat Sondag gered is en reeds in ’n plaaslike hospitaal versorg word se toestand is goed. Hulle het glo gevra om ’n tradisionele Thaise gereg bekend as pad kra paote eet. Dit is ’n gewilde, geurige gereg wat met basiliekruid en gewoonlik hoender of vark gemaak word.

Thaise owerhede het vooraf gesê die reddingspoging kan drie of vier dae neem.

’n Ambulans vervoer Maandag een van die seuns wat gered is. Foto: Reuters/Athit Perawongmetha

Narongsak Osottanakorn, die goewerneur van die Tsjiang Rai-provinsie, sê Maandag se redding het teen 11:00 plaaslike tyd (06:00 in Suid-Afrika) begin en daar is voor die poging goeie nuus verwag vir die dag.

Dieselfde internasionale reddingspan wat Sondag in die grot ingegaan het, het ook Maandag ingegaan om nog kinders te red.

Osottanakorn het bevestig die identiteit van die kinders wat reeds gered is, is nie bekend gemaak nie uit respek vir die ouers wie se kinders nog in die grot vasgekeer is.

Die kinders wat in die hospitaal behandel word, mag ook nog nie herenig word met hul ouers nie uit vrees dat hulle infeksies kan kry.

Somboon Sompiangjai (38), ’n pa van een van die seuns, sê daar is aan die ouers gesê dat die sterkste kinders eerste gered sal word. Hulle weet nie watter kinders reeds gered is nie en mag ook nie die kinders in die hospitaal besoek nie.

Meer oor:  Reddingspoging  |  Grot  |  Thaise Seuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.