Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Laaste taptoe vir kapt. Tom Moore
Die begrafnisbrief van kapt. sir Tom Moore (100), wat op 2 Februarie aan Covid-19 dood is. Foto: Getty Images

’n Militêre erewag en ’n verbyvlug deur die koninklike lugmag was Saterdag deel van die begrafnis van kapt. sir Tom Moore, die veteraan van die Tweede Wêreldoorlog wat miljoene ponde vir die Britse gesondheidsdiens tydens die Covid-19-pandemie ingesamel het.

Moore is op 2 Februarie oorlede nadat hy die virussiekte opgedoen het.

In die aanloop tot sy 100ste verjaardag verlede jaar het hy onderneem om 100 keer om sy huis in Bedford te stap. Die mikpunt was om ’n beskeie £1 000 in te samel.

Sy geesdrif en onselfsugtige gebaar het miljoene mense só geïnspireer dat hy £39 miljoen ingesamel het teen die einde van sy staptog op 16 April.

Kapt. sir Tom Moore se kis word skouer omhoog gedra deur soldate in Bedford, Engeland. Foto: Getty Images

Moore is verlede jaar deur koningin Elizabeth tot ridder geslaan en ná sy dood het die Withuis gesê dat hy “miljoene geïnspireer het deur sy lewe en sy optrede”.

In ooreenstemming met die inperkingsmaatreëls in Engeland het net agt lede van Moore se onmiddellike familie die begrafnisdiens by die Bedford-krematorium bygewoon. Dit is egter op televisie uitgesaai.

Familielede van kapt. sir Tom Moore kom by sy begrafnisdiens aan. Van links is Colin Ingram, skoonseun, Georgia, kleindogter, Benjie, kleinseun, en Hannah Ingram-Moore, dogter. Sir Tom het 39 miljoen pond ingesamel vir die nasionale gesondheidsdiens toe hy kort voor sy 100e verjaardag in 2020 100 keer om sy huis gestap het. Foto: Getty Images

Ses soldate van die Yorkshire-regiment, die moderne weergawe van die oorlogsregiment waarin Moore gedien het, het sy kis gedra, ’n erewag van 14 soldate het drie sarsies skote afgevuur en ’n Douglas C-47 Dakota uit die Tweede Wêreldoorlog het 'n verbyvlug gemaak. 

’n Vliegtuig bring hulde met ’n verbyvlug oor die Bedford-krematorium in Engeland, waar die laaste afskeid vir kapt. sir Tom Moore gehou is. Foto: Reuters

Tydens die diens het Moore se eie opname van “You’ll Never Walk Alone”, wat verlede jaar boaan die treffersparade was, Vera Lynn se oorlogslied “The White Cliffs of Dover” en “Smile”, wat spesiaal vir die gesin deur Michael Bublé opgeneem is, opgeklink.

Voorlesings is deur van sy dogters, kleinseuns en kleindogter gedoen en Frank Sinatra se “My Way” en die laaste taptoe is voor sy verassing gespeel. Sy gesin beoog om, sodra inperkingsmaatreëls dit toelaat, Moore se as in Yorkshire, Noord-Engeland, te begrawe, waar hy by sy ouers en grootouers sal rus.

Kapt. sir Tom Moore in September verlede jaar met die bekendstelling van sy outobiografie Tomorrow will be a Good Day. Foto: Reuters
Meer oor:  Koningin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.