Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Laat mense reis ná inentings, vra Britte

Brittanje moet alle toetse en regulasie vir Covid-19 ophef vir reisigers uit die meeste lande indien hulle ingeënt is.

Foto ter illustrasie.Foto: Reuters

Dié aandrang kom van die handelsliggaam Airlines UK wat Maandag in ’n brief aan Grant Shapps, Britse minister van vervoer, gesê het reisigers van “amber” bestemmings wat volledig ingeënt is, moet van die vereiste isolasietydperk van tien dae vrygestel word. Diegene wat uit “amber” sowel as “groen” lande reis, behoort ook nie duur toetse te ondergaan nie.

Die kleure verwys na die sogenaamde "verkeersligstelsel" in Brittanje vir reisigers, waarvolgens 'n land op grond van sy infeksiesyfers, dodetal, inentingskoers en variante by een van die drie kleurlyste ingedeel word. Verskillende kwarantynreëls en reëls vir toetsing geld vir reisigers wat Brittanje binnekom afhangend van die “kleur” land waarvandaan jy reis.

“Gegewe die doeltreffendheid van entstowwe en hul deurslaggewende rol in die verligting van nasionale inperkings, glo ons die raamwerk kan veilig aangepas word om mense wat ingeënt is toe te laat om sonder beperkings te reis. Daarmee saam kan die stappe kom om beperkinge vir groen en amber kategorieë te verminder,” sê die groep.

Boris Johnson, Britse premier, het Maandag gesê reisigers kan vanjaar probleme en vertragings verwag wanneer hulle na die buiteland wil reis, want die prioriteit is om die land teen die koronavirus te beskerm.

Brittanje se vereistes vir reise word op 28 Junie hersien.

Die gewildste Europese vakansiebestemmings vir Britse reisigers, wat Spanje, Portugal, Frankryk, Italië en Griekeland insluit, word tans as “amber” bestempel. Dit beteken dat terugkerende passasiers drie Covid-19-toetse moet aflê en tien dae lank moet isoleer.

Die 11 lande en gebiede wat as “groen” geklassifiseer word, benodig twee toetse vir passasiers, ook van diegene wat volledig ingeënt is. – Reuters

Meer oor:  Inentings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.