Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Land wil term ‘Poolse Nazi-doodskamp’ verbied

Pole se senaat het ’n omstrede wetsontwerp goedgekeur wat dit voortaan onwettig sal maak om enige Pool daarvan te beskuldig dat hy deelgeneem het aan die Nazi’s se massaslagting van die Jode in die Tweede Wêreldoorlog.

Die BBC berig die wetsontwerp maak dit ook onwettig om Nazi-konsentrasiekampe in Pole as Poolse doodskampe te beskryf. Oortreders van die wetsontwerp kan ’n boete opgelê word of drie jaar tronk toe gestuur word.

Israel is glo woedend oor die wetsontwerp.

AFP berig die Poolse parlement het die wetsontwerp met 57 stemme teenoor 23 gesteun.

Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, het in reaksie gesê die wetsontwerp is ’n poging om die geskiedenis te herskryf en die Jodeslagting te ontken.

Tzipi Livni van die Zioniste-party, die opposisie in Israel, het gesê die wetsontwerp is ’n “klap in Israel se gesig”.

Die wetsontwerp moet eers deur Andrzej Duda, die Poolse president, afgeteken word voordat dit in die wetboeke opgeneem word.

AFP berig die Poolse parlement het die wetsontwerp met 57 stemme teenoor 23 gesteun. Twee parlementslede het buite stemming gebly.

Volgens Duda het sy land die reg om “historiese waarheid te verdedig”.

Ons is ook bekommerd oor die gevolge wat so ’n wet kan hê op Pole se strategiese belange en verhoudings.

Reuters berig Amerika het in sy reaksie gesê dié wetsontwerp kan vryheid van spraak ondermyn en ook akademiese diskoers laat ontspoor.

Heather Nauert, woordvoerder van die departement van buitelandse sake, het gesê gesprekke oor die Jodeslagting en kommentaar daaroor moenie geïnhibeer word nie.

“Ons glo in openlike debatvoering. Onderrig is die beste manier om onakkurate kommentaar en haatspraak in die kiem te smoor.

“Ons is ook bekommerd oor die gevolge wat so ’n wet kan hê op Pole se strategiese belange en verhoudings. Ons moedig Pole aan om die wetgewing te heroorweeg,” het Nauert gesê.

Pole was voor die Tweede Wêreldoorlog die tuiste van 3,2 miljoen Jode. Duitsland het Pole in 1939 binnegeval en doodskampe in onder meer Auschwitz en Treblinka gebou. Die meeste van die Jode wat in Pole gewoon het, is deur die Nazi’s vermoor.

Meer oor:  Bbc  |  Pole  |  Wêreldnuus  |  Wetsontwerp  |  Verbied
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.