Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Leeu vrek van Covid-19 in Indië

’n Negejarige leeuwyfie is Vrydag in ’n dieretuin in Indië dood nadat sy die koronavirus opgedoen het.

Die leeuwyfie is in die suide van die Indiese stad Chennai dood, het die staatsdieretuin in ’n verklaring bevestig.

Daar is reeds verskeie gevalle van Covid-19 wat in diere waargeneem is, terwyl twee wittierwelpies in Pakistan aan Covid-19 dood is.

Gevalle van leeus wat in Spanje en Indië positief getoets is, is ook aangemeld.

Die leeus is in kwarantyn geplaas en op ’n kursus antibiotika geplaas.

“ ’n Negejarige leeuwyfie genaamd Neela het die aand van 3 Junie weens die koronavirus doodgegaan,” lui die verklaring van die Arignar Anna-dieretuin.

Die uitbreking is reeds Donderdag waargeneem, hoewel die meeste van die leeus asimptomaties is.

Die leeus is in kwarantyn geplaas en op ’n kursus antibiotika geplaas.

Die dieretuin het ook monsters van die ander groot soogdiere geneem sodat hulle ook vir die koronavirus getoets kan word.

Die Arignar Anna-dieretuin sê hulle laat ook die tiere vir die koronavirus toets.

Indië is tans in die greep van sy tweede vlaag en teken daagliks duisende nuwe koronavirusgevalle aan.

Die gesondheidsdepartement in Indië sê Saterdag die land se gevalle het met 120 529 infeksies toegeneem, terwyl die sterftes met 3 380 gestyg het.

Indië het meer as 28,69 miljoen kumulatiewe koronavirusgevalle en 334 082 sterftes sedert die aanvang van die pandemie aangemeld. – Reuters

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.