Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Basketbal-legende Kobe Bryant sterf toe helikopter val
Die basketballegende Kobe Bryant. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse basketbalster Kobe Bryant is Sondag in ’n helikopterongeluk dood.

Die webwerf TMZ het eerste oor Bryant se dood berig. Volgens TMZ was Bryant een van vyf mense aan boord van die helikopter wat naby Calabasas in Kalifornië neergestort het.

Die helikopter het volgens The Los Angeles Times in mistige weer neergestort. Die ongeluk het tot ’n veldbrand gelei wat reddingswerkers se taak bemoeilik het om by die wrak uit te kom.

Bryant word as ’n basketballegende beskou en het vir die Los Angeles Lakers gespeel. Hy het in 2016 uitgetree.

– Bronne: The Guardian, TMZ, Los Angeles Times; verkort en verwerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.