Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Leier vra verskoning ná miljoene in Hongkong betoog
Van die betogers wat Sondag in Hongkong na die strate opgeruk het. Foto: Reuters

Terwyl miljoene betogers weer Sondag die strate van Hongkong ingevaar het, het Carrie Lam, uitvoerende leier van dié stad, om verskoning gevra vir die planne vir ’n uitleweringswetsontwerp.

Sy het Saterdag reeds aangekondig die omstrede wetsontwerp word vir eers op die ys gesit, maar die geraamde 2 miljoen betogers eis nou dat sy bedank.

Die wetsontwerp oor die uitlewering van verdagtes in strafregtelike sake aan China het tot grootskaalse betogings gelei wat ’n week gelede begin het. Dit was van die gewelddadigste optogte in dekades in die gebied en word as een van die grootste politieke gebeure in China sedert 1997 beskou.

Van Sondag se betogers het plakkate omhoog gehou met die woorde: “Moenie skiet nie, ons is van Hongkong.” Dit was ’n pleidooi aan die polisie wat Woensdag met rubberkoeëls en traanrook op betogers losgebrand het. Meer as 70 mense is beseer.

Volgens bronne het sommige magnate in Hongkong reeds hul persoonlike rekeninge oorsee begin skuif weens kommer oor die beoogde wetgewing. Kritici waarsku dat dié soort ding die stad se finansiële status stadig maar seker kan verwoes.

Die week se betogings is die grootste nog in die stad sedert mense in 1989 in opstand gekom het teen die bloedige verdrukking van prodemokratiese betogings op Beijing se Tiananmen-plein.

Meer oor:  Hongkong  |  Uitleweringswetgewing  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.