Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Lig het by Boris opgegaan’ oor Brexit-uitdagings

Boris Johnson het 12 dae om sy Brexit-planne skriftelik aan die Europese Unie (EU) voor te lê, anders is dit “klaarpraat”.

Antti Rinne van Finland, wat op die oomblik die pos van die EU se roterende presidentskap beklee, sê hy en pres. Emmanuel Macron van Frankryk het ooreengekom dat Brittanje nou teen einde September geskrewe voorstelle moet indien.

Dié sperdatum is nie ’n nuwe voorstel nie, maar daar sal nie genoeg tyd wees om die voorstelle te bespreek voordat die EU op 17 Oktober sy beraad hou nie.

Die BBC berig Brittanje het gesê ’n ooreenkoms is moontlik op dié belangrike beraad op 17 Oktober.

Boris Johnson
Boris Johnson, premier van Brittanje. Foto: Reuters

Johnson het wéér bevestig dat Brittanje hom op 31 Oktober aan die Europese Unie gaan onttrek, al is ’n ooreenkoms nie beding nie.

Rinne en Macron het gesê hulle is bekommerd oor wat in Brittanje aangaan. “Ons weet nie wat Brittanje wil voorstel nie. Los praatjies oor voorstelle vir onderhandeling is onverantwoordelik. Brittanje moet gou met sy voorstelle kom as hy wil hê dit moet bespreek word,” het Rinne gesê.

The Guardian berig ’n spertyd van 30 September is vir Johnson problematies omdat dit op die vooraand van die Konserwatiewe Party se konferensie is. Die koerant sê daar sal gesien moet word of die EU by sy dreigement gaan hou.

Rinne sê hy sal met Donald Tusk, president van die Europese Raad, en met Johnson oor ’n spoedige reaksie oor Brittanje praat.

Leiers van die EU wil graag tot hul beraad in Oktober die tyd gebruik om oor ’n ooreenkoms te onderhandel.

Johnson en Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, het Woensdag weer ’n telefoongesprek gehad.

Dit het vroeër aan die lig gekom dat Johnson Maandag gedurende sy middagete, saam met onder andere Juncker, sy verbasing teenoor sy raadgewers uitgespreek het toe hy ingelig is oor die omvang van wat alles nog rondom die situasie oor die Ierse grens vir die Brexit-plan gedoen moet word.

EU-amptenare het gesê dit was ’n groot voordeel om die kwessies regstreeks met Johnson te bespreek. “Dit lyk of dit gehelp het om ’n lig te laat opgaan.”

Die BBC berig Johnson wou tot nou toe nog nie die regering se planne bekend maak nie, omdat hy “nie in die openbaar wil onderhandel nie”.

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.