Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Liz Cheney dalk oor Trump na politieke woestyn uitgewerp

Amerika se Republikeinse Party gaan Woensdag stem of een van sy leiers, Liz Cheney, oor haar herhaaldelike kritiek op oudpres. Donald Trump uitgeskop moet word.

Na verwagting sal dié kongreslid van Wyoming en dogter van Dick Cheney, voormalige visepresident van die VSA, haar pos in die Huis van Verteenwoordigers verloor.

Liz Cheney het teen pres. Donald Trump gedraai. Foto: Reuters

Sy het haar partylede Dinsdag gekritiseer en gesê hulle het nie teen Trump opgestaan oor sy valse bewerings dat hy die 2020-verkiesing gewen het nie.

Die party wil haar glo met ’n Trump-lojalis vervang. Dit word beskou as ’n teken dat sy houvas op die party ses maande ná sy nederlaag in die verkiesing sterker is as ooit tevore is.

Cheney het Trump Dinsdag in ’n passievolle toespraak weer oor sy ongegronde uitlatings oor die presidentsverkiesing verlede jaar gekritiseer.

“Deur stil te bly en die leuen te ignoreer, spoor die leuenaar aan,” het sy gesê. “Ek sal nie agteroor sit en in stilte toekyk terwyl ander ons party lei op ’n pad wat die oppergesag van die reg misken en deel is van die voormalige president se veldtog om ons demokrasie te ondermyn nie.”

Haar lot sal na verwagting Woensdagoggend deur ’n eenvoudige meerderheid van die Huis van Verteenwoordigers met geslote deure bepaal word.

CNN berig Cheney se aanvalle op Trump verseker dat sy na ’n langdurige politieke woestyn uitgewerp sal word. Benewens die verlies aan haar leierskapsposisie in die party, sal ’n pro-Trump-kandidaat haar ook uitdaag indien sy haar weer verkiesbaar sou stel.

Haar kritiek op Trump het haar met Kevin McCarthy, leier van die Republikeinse Party in die huis, asook met ander koukuslede laat bots, berig National Post.

“Dit is duidelik dat ons ’n verandering moet maak,” het McCarthy Woensdag in ’n brief gesê aan sy mede-partylede waarin hy die stemmery aangekondig het.

“Die interne konflik moet opgelos word sodat dit nie ons aandag van die pogings van ons kollektiewe span aflei nie.” BBC, CNN, National Post



Meer oor:  Donald Trump  |  Liz Cheney  |  Stemmery  |  Kritiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.