Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Los Brexit, sê 1,1 miljoen

* Hierdie berig is intussen aangepas om die nuutste gebeure in te sluit.

Meer as ’n miljoen mense het reeds ’n petisie op die webwerf van die Britse parlement geteken waarin hulle die regering vra om in die Europese Unie (EU) te bly.

’n Betoger teen Brexit soen die Theresa May-masker van ’n medebetoger voor die Europese Unie se beraad gister in Brussel. Foto: Reuters

In die ure nadat Theresa May, Britse premier, Dinsdag laat wetgewers gekritiseer het omdat hulle nie oor ’n uit­gangstrategie kan saamstem nie en aan die parlement gesê het om ’n finale keuse te doen, het die petisie elke paar minute duisende handtekeninge gekry. “Dit is hoog tyd dat ons ’n besluit neem,” het May gesê en die Britte verseker met: “Ek is aan jul kant.”

EU-leiers het May gister twee maande tyd gegee om ’n ordelike Brexit te reël, maar ’n ontwrigtende uitsetting uit die blok kan Brittanje volgende Vrydag in die gesig staar indien hy nie die parlement sover kry om hom te steun nie.

Meer as 17 miljoen Britte het in ’n referendum in 2016 gestem dat die land uit die EU breek, terwyl 16 miljoen daarteen was.

May het die volgende jaar kragtens art. 50 van die EU se Lissabon-verdrag kennis gegee van die skeidingsvoorneme.

Meer as 17 miljoen Britte het in ’n referendum in 2016 gestem dat die land uit die EU breek, terwyl 16 miljoen daarteen was.

Die Herroep art. 50 en bly in die EU-petisie op die parlement se webwerf het Donderdag om 14:50, gerugsteun deur sosiale media, 1,128 miljoen handtekeninge gehad.

Dit het gereeld gelyk of die webwerf gaan ineenstort weens die groot getal mense wat probeer het om die petisie te teken.

Op Facebook het Sarah Larking egter gesê die platform is gekraak en die handtekeninge is vals. “Dit (die petisie) is sedert gisteraand op en het ’n gemiddeld van 300 handtekeninge letterlik elke twee sekondes,” het sy gesê.

Ondersteuners sê op Twitter die petisie wys hoe sterk mense voel oor May se strategie, terwyl ondersteuners van Brexit sê die petisie moet meer as die 17,4 miljoen handtekeninge trek van mense wat drie jaar gelede daarvoor gestem het om Brexit te verlaat voordat enigiemand daaraan aandag sal gee.

Die Franse president, Emmanuel Macro, het May Donderdag gewaarsku oor ’n wanordelike skeiding as die parlement haar weer nie steun nie.


Intussen het die EU aangedui dat hy May 'n korter spertyd aan die uitstel van Brexit sal bied - niks meer as die drie maande waarvoor sy gehoop het nie, berig Financial Times.

Verskeie hoëkoppe en rolspelers, May inkluis, was nog tot laat Donderdagaand in samesprekings om 'n datum uit te stryk. Volgens CNN was daar selfs sprake dat hierdie sogenaamde uitstel heeltemal geskrap kan word. 

Tydens hierdie samesprekings het May vir amper 90 minute haar pleidooi gelewer, maar volgens 'n diplomaat wat met CNN gesels het, het sy "geen antwoorde, duidelikheid of rigting" gebied nie. Die leiers was glo nie beïndruk met haar onvermoë om 'n duidelik strategie in plek te hê sou haar ooreenkoms aanstaande week nie die paal in die parlement haal nie. – Reuters

Meer oor:  Theresa May  |  Petisie  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.