Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Lugbrug tussen Nieu-Seeland, Australië

Nieu-Seeland en Australië bespreek nou die moontlikheid van ’n lugbrug tussen die twee lande.

Hoewel ander reisbeperkings sal bly geld, wil hulle graag ’n “reisborrel” instel wat oor die twee lande strek.

Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, het Maandag gesê sy het ’n uitnodiging van haar noordelike ampsgenoot, Scott Morrison, aanvaar om vandag ’n vergadering van Australië se kabinetskomitee oor Covid-19 by te woon.

Scott Morrison Foto: Getty Images

Die twee buurlande het dit reggekry om die besmettingskoers baie laer te hou as in lande soos Amerika en Brittanje.

Ardern het wel gewaarsku sekere maatreëls sal eers uitgewerk moet word voordat ’n plan in werking gestel kan word.

“Ek sal nou nie sê dit gaan op kort termyn gebeur nie,” het sy op ’n mediakonferensie in Wellington gesê.

“Moenie verwag dat dit binne ’n paar weke gaan gebeur nie. Ons moet eers seker maak ons behou die voorsprong wat ons met die hulp van alle Nieu-Seelanders behaal het en dat ons veiligheidsmaatreëls het wat geld.”

Jacinda Ardern
Jacinda Ardern Foto: Getty Images

Nieu-Seeland het 1 137 Covid-19-gevalle aangeteken, asook 20 sterftes, en Australië onderskeidelik 6 800 en 96.

Die aanmelding van nuwe gevalle in albei lande het die laaste weke onder tien per dag gebly, wat aan geslaagde maatreëls vir sosiale afstandhouding en wydverspreide toetsing toegeskryf word.

Australië het wel Maandag 27 nuwe gevalle aangemeld, die meeste in sowat twee weke.

Nieu-Seeland het op sy beurt nie ’n enkele geval gehad nie, die eerste keer sedert 16 Maart dat dit gebeur. “Albei ons lande se goeie geskiedenis teen die virus het ons in die benydenswaardige posisie geplaas dat ons nou die volgende fase van ons ekonomiese herbouing kan beplan, wat reise oor die Tasmaniese See kan insluit,” het Ardern gesê.

In een van die eerste gevalle onder nuwe regulasies het ’n rugbyligaspan van Nieu-Seeland die naweek in Australië aangekom, waar hulle twee weke lank in kwarantyn sal wees voordat hulle aan ’n toernooi daar sal deelneem. – Reuters

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland  |  Australië  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.