Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Luister: Patti sing vir Dylan by Nobelprys

Die sangeres Patti Smith se senuwees was Saterdag klaar toe sy vir Bob Dylan moes instaan by die Nobel-geleentheid in Oslo, Noorweë.

Dylan het verlede maand laat weet hy gaan nie daar wees om sy Nobelprys vir letterkunde te ontvang nie.

Hy het aan die Sweedse Akademie gesê hy wens hy kon die prys persoonlik ontvang, maar ander verpligtinge maak dit ongelukkig onmoontlik.

Dylan het ’n toespraak geskryf wat voorgelees is, en Smith het een van sy bekendste liedjies gesing.

“Ek vra om verskoning. Ek is jammer, ek is so senuweeagtig,” het Smith vir die sowat 1 500 gaste gesê en vir die orkes gevra om weer te begin met Dylan se “A Hard Rain’s A-Gonna Fall”.

Dylan (75) het die Nobelprys gekry vir die “skep van nuwe poëtiese uitdrukkings binne die groter Amerikaanse liedjie se tradisie”.

Hy het ook R12 miljoen se prysgeld ontvang.

Volgens die Nobelstigting moet sy prys in 2017 persoonlik aan hom in Swede of elders oorhandig word.

Vorige pryswenners wat nie die seremonie kon bywoon nie, sluit in die Britse draaiboekskrywers Doris Lessing en Harold Pinter en die Oostenrykse draaiboekskrywer Elfriede Jelinek. Hulle ly egter almal aan sosiale fobie. – Reuters, SkyNews

Meer oor:  Bob Dylan  |  Oslo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.