Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Lyk uit sokkerspeler se vliegtuigwrak gehaal

’n Lyk is gehaal uit die wrak van die vliegtuig in die Engelse kanaal waarin die Argentynse sokkerspeler Emiliano Sala van Nantes in Frankryk na Cardiff in Wallis op pad was.

Hy het tussen Frankryk en Wallis gependel nadat hy ’n kontrak in Wallis geteken het.

’n Foto van die vliegtuigwrak. Foto: Reuters

Die vliegtuig met hom en die vlieënier, David Ibbotson, aan boord het op 21 Januarie oor die Kanaaleilande verdwyn.

Private ondersoekers is ingespan om die vliegtuig op te spoor, waarna die Air Accidents Investigation Branch (AAIB) betrek is toe ’n lyk in die wrak gesien is.

Die AAIB het Woensdag laat gesê daar is nog geen duidelikheid oor wie se lyk dit is nie.

Volgens die instansie kon die wrak weens slegte weer nie uit die see gehaal word nie, en die poging is eers uitgestel.

Intussen het die sokkerklub Nantes glo begin om Cardiff City, wat Sala onlangs oorgekoop het, te dreig oor die betaling wat nog nie gedoen is nie.

Cardiff City het Sala vir £15 miljoen by Nantes gekoop en laasgenoemde dring daarop aan dat die eerste paaiement betaal moet word.

Volgens Sky News meen Cardiff City dat die wrak eers uit die see gehaal en die ondersoek afgehandel moet word voordat hy die geld betaal. – Reuters


Meer oor:  Vliegtuigongeluk  |  Vliegramp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.