Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Lyk van Franse tiener in rivier ná sy glo geboelie is

Frankryk is geruk deur die moord op ’n 14-jarige skoolmeisie, wie se lyk in ’n rivier gekry is, en waarvoor twee skoolmaats ondersoek word.

Aanklaers het Woensdag bevestig dat twee 15-jarige tieners, ’n seun en ’n meisie, verdagtes in die moordondersoek is.

Die twee tieners was saam met die slagoffer, wat slegs as Alisha geïdentifiseer is, in die skool in Argenteuil, wat wes van Parys geleë is.

alishia boelie

Die oorsaak van die meisie se dood was glo verdrinking. Die polisie in die stad Pontoise voer egter aan dat sy verdrink het nadat die seun haar geslaan en met die ander meisie se hulp in die rivier gegooi het.

Eric Corbaux, die staatsaanklaer, het op ’n nuuskonferensie gesê hy sal in die saak aanvoer dat die moord vooraf beplan was.

Hy beweer daar was ’n rusie tussen die twee meisies nadat die een foto’s van die ander gesteel het.

Franse media het berig dat die slagoffer na bewering by die skool geboelie is en kaalfoto’s van haar op sosiale media versprei is.

Die seun se ma het aan ’n Franse televisiediens bevestig dat hy in ’n kortstondige verhouding met die slagoffer was voordat hy ’n verhouding met die ander meisie begin het.

“Ek vermoed dit was ’n liefdesdriehoek en dat hulle nie geweet het hoe om dit te hanteer nie,” het sy gesê.

Die ma van die slagoffer beweer dat haar dogter voorheen doodsdreigemente van die twee ontvang het. Sy het gesê sy is gebroke. – Reuters


Meer oor:  Frankryk  |  Moord  |  Liefdesdriehoek  |  Tieners  |  Boelie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.