Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Lyk van Londense tiener in Maleisiese woud gekry

Die gesin van ’n Ierse meisie wie se naakte lyk Dinsdag in ’n digte woud in Maleisië gevind is, gaan nie op ’n strafregtelike ondersoek aandring nie, het hul prokureur Woensdag gesê, berig Reuters.

Sankara N. Nair sê Nora Anne Quoirin (15) se ouers, wat van Franse en Ierse herkoms is, maar reeds vir 20 jaar in Londen woon, laat die ondersoek aan die polisie oor sodat die ondersoekers kan besluit wat hul volgende stap is.

Die polisie verwag dat die oorsaak van haar dood Woensdag bekend gemaak sal word. ’n Nadoodse ondersoek is vroeg die oggend gedoen, berig Malay Mail.

Quoirin, wat gebore is met ’n breintoestand (holoprosensefalie) wat die ontwikkeling van haar brein beïnvloed, het op 4 Augustus vermis geraak terwyl sy saam met haar gesin in die Dusan-oord in Seremban, sowat 70 km buite die hoofstad, Kuala Lumpur, vakansie gehou het.

Nora Anne Quoirin (15) se lyk is Dinsdag in ’n stroom in ’n reënwoud in Maleisië gekry. Foto: Facebook/ Meabh Quoirin

Honderde vrywilligers het gehelp om na haar te soek.

Lede van ’n bergklimklub het haar lyk Dinsdagmiddag sowat 2 km van die oord langs ’n stroom in ’n kloof gekry, berig The Guardian.

Nair het gesê die gesin besef dat ondersoeke in sommige lande bloot aan die polisie oorgelaat moet word, en dat hulle nie druk moet toepas nie. Die gesin besef dat die polisie leidrade moet opvolg.

­Hy het gesê die gesin is platgeslaan en voel heeltemal oorweldig.

Dit kom nadat die tiener se gesin tydens die soektog volgehou het dat ’n misdaad gepleeg is. Hulle het beklemtoon dat sy spesiale behoeftes het en nog nooit tevore uit haar eie sonder haar gesin iewers heen is nie.

Mazlan Mansor, Maleisië se adjunkpolisiehoof, het Dinsdag gesê ’n voorlopige ondersoek toon dat daar niks verdags aan haar dood is nie, maar dat alle moontlike leidrade opgevolg word.

Meer oor:  Seremban  |  Maleisië  |  Nora Anne Quoirin  |  Vermiste Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.