Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Lyke spoel uit op oewer tussen Soedan, Ethiopië

Minstens 30 lyke het op die oewer van die Setitrivier in Soedan uitgespoel wat aan die Tigray-streek in Ethiopië grens.

Dit is volgens twee Ethiopiese vlugtelinge en vier Soedannese getuies wat Maandag aan Reuters gesê het hulle het die lyke verwyder.

Die rivier, in Ethiopië bekend as die Tekeze-rivier, vorm tans die grens tussen die gebiede wat deur die Tigray-magte en die Amhara-magte, ’n bondgenoot van Ethiopië se sentrale regering, beheer word.

Die rivier skei ook op ’n plek vir Soedan van Ethiopië.

Die vonds kom te midde van toenemende konflik in die streek die laaste paar weke en volgens ooggetuies was van die lyke se hande vasgebind en het hulle skietwonde gehad.

’n Vrou met ’n baba staan in ’n tou om kos te ontvang wat by ’n laerskool in Shire in Tigray, Ethiopië, uitgedeel word. Die foto is in Maart 2021 geneem. Foto: Reuters

Dr. Tewodros Tefera, ’n chirurg wat uit die dorp Humera op die Ethiopiese grens na Soedan gevlug het, het aan Reuters gesê hy het die afgelope ses dae tien mense begrawe. Plaaslike vissermanne en ander vlugtelinge het hom glo ingelig dat hulle nog 28 lyke gekry het.

“Hulle is in die bors, maag of bene geskiet en hul hande is vasgemaak,” het hy gesê en bygevoeg dat hy hulle met behulp van vlugtelinge as inwoners van Tigray kon identifiseer.

Hy het twee video’s gedeel van hoe grafte gegrawe word vir die lyke wat op die oewer uitgespoel het.

Baie mense het weens die konflik uit Humera na Soedan gevlug.

’n Ethiopiese vlugteling van Humera wat anoniem wil bly uit vrees dat sy familie in Ethiopië vervolg sal word, het gesê hy het nege lyke gekry.

Redwan Hussein, hoof van die Ethiopiese regering se noodtaakspan van Tigray, en kol. Getnet Adane, Ethiopië se militêre woordvoerder, het nie op ’n WhatsApp-boodskap vir kommentaar oor die lyke gereageer nie.

Billene Seyoum, woordvoerder van die Ethiopiese premier, het ook nie op ’n versoek vir kommentaar gereageer nie.

Op ’n Twitter-rekening van die Ethiopiese regering is Maandag gesê berigte van lyke in die rivier is “fopnuus deur propagandiste” van Tigray.

Twee Soedannese amptenare en twee inwoners van die dorp Wad Alhilew naby die Setitdam wat anoniem wil bly uit vrees vir vergelding, het gesê hulle het sowat 20 lyke uit die Setitriver gehaal – vyf Maandag, nege Sondag en ses Saterdag.

Gevegte het agt maande gelede tussen Ethiopië se sentrale regering en die Tigray People’s Liberation Front uitgebreek.

Inwoners van Tigray het die Amhara-magte voorheen daarvan beskuldig dat hulle lyke in die rivier stort. Reuters

Meer oor:  Soedan  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.