Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Lyke van 2 mans in vloedwaters in Australië gekry

Die lyke van twee mans is Woensdag in hul motors in vloedwaters in Australië gekry ná swaar reënval die afgelope paar dae waarin huise oorstroom het, lewende hawe meegesleur is en dorpe van die buitewêreld afgesny is.

Meer as 40 000 mense moes weens kitsvloede uit hul huis vlug nadat die owerhede inwoners in die weste van Sydney gewaarsku het om te ontruim.

In ander dele waar die son die eerste keer in dae skyn, is met skoonmaakoperasies begin. Kos en noodvoorraad kon ingevlieg word nadat paaie verspoel het.

Die lyk van ’n Pakistanse burger is in ’n motor 6 m onder die water in die noordweste van Sydney gekry.

ABC berig die man was op pad werk toe op sy eerste dag by ’n groot multinasionale maatskappy.

Na wat berig word, is die lyk van die tweede man in ’n omgekeerde sportnutsvoertuig in vloedwater in Queensland gekry.

Die owerhede waarsku dat sommige riviere nog hul piek moet bereik ondanks die feit dat die reën afgeneem het. Dit het daartoe gelei dat nuwe bevele om te ontruim uitgereik is.

News.co.au berig dat hoewel dit ooptrek oor Nieu-Suid-Wallis, wat die ergste geraak is, die land se weerdiens gewaarsku het dat die gevaar nog nie verby is nie.

Die nooddienste het ’n vloedontruimingsbevel uitgereik vir sekere gebiede te midde van vrese dat watervlakke die res van die week gevaarlik hoog sal bly.

Die vloede het daartoe gelei dat talle paaie en skole gesluit is. Reuters, ABC, News.com.au


Meer oor:  Australië  |  Reën  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.