Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Lyke van Covid-slagoffers spoel op Ganges se walle uit

Die lyke van vermoedelik Covid-19-slagoffers het Maandag op die oewer van die Gangesrivier in die noorde van Indië uitgespoel, berig The Times of India.

Van die lyke was opgeblaas of het reeds begin ontbind.

Sowat 40 lyke het in die Buxar-distrik naby die grens tussen twee van Indië se armste state, Bihar en Uttar Pradesh, uitgespoel, het Ashok Kumar, ’n plaaslike amptenaar, aan die nuusdiens AFP gesê. Luidens mediaberigte kan tot honderd lyke uitgespoel het.

Plaaslike inwoners is van mening mense wat in gemeenskappe langs die rivier woon, het die lyke in die rivier gegooi omdat hulle moontlik nie die hoë koste verbonde aan verassing of om die lyke op brandstapels te verbrand kan bekostig nie.

Mense plaas die lyk van ’n man wat aan Covid-19 dood is op die brandstapel langs die Gangesrivier by Garhmukteshwar in die noordelike staat Uttar Pradesh in Indië. Foto: Reuters

’n Inwoner het aan die The Times of India gesê die lyke is dié van mense wat aan Covid-19 gesterf het.

“Ek het al 30 tot 35 lyke gesien. Sommige mense het die lyke in die water gedompel, terwyl ander die halfverbrande lyke in die rivier gegooi het.”

Aman Samir, landdros van die Buxar-distrik, sê daar is ná ’n ondersoek bevind die 30 lyke is nie dié van plaaslike inwoners nie en het van iewers verder op in die rivier af gevloei na die distrik.

Inwoners wat met die media gepraat het, het hul gesig verbloem en beweer die krematoriums waar lyke op brandstapels verbrand word, vra ’n “fortuin”.

“Daar is ook ’n tekort aan hout en ander materiaal wat benodig word vir ’n verassing. Baie hartseer families het dus geen ander keuse nie as om die lyke van hul geliefdes in die rivier te dompel,” berig die New Indian Express.

Dokters het ook hul kommer uitgespreek oor die gesondheidsgevare wat die lyke van Covid-19-slagoffers wat in die rivier dryf en op die oewer uitspoel vir inwoners en diere inhou wat langs die rivier woon.

KK Upadhyay, ’n amptenaar van die Buxar-distrik, het na die naburige Ghazipur-distrik in Uttar Pradesh gereis en ook daar lyke in die Gangesrivier gesien.

“Ons het bekommerde amptenare opdrag gegee om van die lyke ontslae te raak deur die lyke of te begrawe of te veras,” het Kumar aan AFP gesê.

Krematoriums is dikwels langs die oewer van riviere geleë sodat lyke op brandstapels veras kan word en die as in die rivier gestrooi kan word, berig The Conversation.

Begrafnisrituele moes ingrypend verander met die oorweldigende dodetal in Indië tydens die tweede vlaag van die koronaviruspandemie. Krematoriums moes begin om lyke op leë parkeerterreine te veras.

Meer oor:  Indië  |  Lyke  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.