Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
3-jarige word lid van Mensa

’n Driejarige Maleisiese seuntjie wat in Brittanje woon het ’n lid van Mensa geword, ’n vereniging vir mense met ’n IK wat onder die top-2% in die wêreld val.

Muhammad Haryz Nadzim is genooi om lid van Mensa te word nadat hy deur ’n psigiater getoets is en 142 op die Stanford-Binet IK-toets behaal het. Dit het hom in die 99,7de persentiel geplaas, sê sy ma, Nur Anira Asyikin.

John Stevenage, hoof van die Britse Mensa, het Haryz by die vereniging verwelkom.

Die Mensa-toets vir kinders onder tien bestaan uit ’n kombinasie van rekeningkunde, lees, onthouvermoë en logiese denke.

Anira woon in Durham, Engeland, en is ’n ingenieur. Sy sê haar familie het vroeg geweet Haryz is spesiaal. Sy noem hom haar “klein breinboks” maar sê hy is eintlik net ’n normale driejarige wat daarvan hou om met sy Lego en klei te speel, te verf en te lees. Hy is ook baie lief daarvoor om te sing.

“Ons is trots op Haryz en ons glo hy gaan in die toekoms baie aan die gemeenskap teruggee,” sê Anira.

In 2007 het Mikhail Ali van Engeland ook op drie jaar oud lid van Mensa geword. 

 

In die deelstaat Arizona in die VSA het die driejarige Alexis Martin in 2014 ’n lid van Mensa geword. Die dokters wat haar getoets het, het gesê sy het so goed daarin gedoen dat dit onmoontlik was om ’n IK-syfer te bepaal. Dit beteken haar IK was hoër as 160, wat haar slimmer maak as 99,9% van mense in die wêreld.

Die gemiddelde mens se IK is 100.

Haar pa, Ian, het vertel sy het op die ouderdom van 12 tot 18 maande die vorige aand se slaaptydstorie opgesê terwyl hulle in die kar ry. Dit was woord vir woord soos dit gelees is. – Bronne: CNN, Fox59, The Oprah Winfrey Show


Meer oor:  Durham  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.