Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ma vertel: 'Dít is kinderkanker'

“Hy bring op terwyl hy speel. Hy skrik wakker en bring op. Om langs jou boetie te staan en sy rug te vryf terwyl hy siek is. Dít is kinderkanker. Vat dit of los dit.”

Die foto wat Kaitlin Burge, ’n ma van Princeton in die Amerikaanse deelstaat Texas, op Facebook by haar inskrywing oor haar vierjarige seun, Beckett, geplaas het, het veral die boodskap tuisgebring.

Becket voer reeds vir ’n jaar ’n stryd teen akute limfoblastiese leukemie. Op die foto staan sy ouer suster, Aubrey, by hom met haar hand op sy rug, terwyl hy vooroor leun met sy klein hande op die toiletsitplek.

Burge het ’n Facebook-blad vir Beckett geskep, waarop sy gereeld boodskappe oor sy stryd deel – die goed én sleg –want dit is die werklikheid, sê sy.

Becket se ma, Kaitlin Burge, verduidelik in haar inskrywings op Facebook hoe ander kinders in die huis deur kinderkanker geraak word. Foto: Facebook/Beckett Strong

“Een ding wat hulle jou nie oor kinderkanker sê nie, is dat dit die hele gesin raak. Jy hoor gereeld oor die finansiële en mediese probleme, maar hoeveel keer hoor jy hoe dit gesinne met ander kinders affekteer?”

Burge sê haar dogter, Aubrey, is 15 maande voor Beckett gebore.

“Die een oomblik het hulle by die huis en by die skool saamgespeel, en die volgende oomblik moes hulle saam in ’n koue hospitaal sit. My dogter was vier jaar oud toe sy gesien het hoe haar boetie in ’n ambulans na die waakeenheid geneem word.

“Sy moes toekyk hoe die dokters ’n masker oor sy gesig sit en hom met naalde steek, terwyl hulle hom vol pille pomp. Dit terwyl hy hulpeloos daar lê. Sy het nie geweet wat aangaan nie, maar sy het geweet daar is iets fout met haar boetie, haar beste vriend.”

Burge sê Beckett is ’n maand later uit die hospitaal ontslaan en sy Aubrey, wat nou vyf is, het gesien hoe hy sukkel om te loop en te speel.

Akute limfoblastiese leukemie is ’n jaar gelede by Beckett gediagnoseer. Foto: Facebook/Beckett Strong

“Die boetie wat altyd vol lewenslus en energie was, was nou ’n stil, siek en slaperige seuntjie. Hy wou nooit meer speel nie.”

Sy sê Aubrey het nie verstaan hoe haar boetie, wat voor sy siekte kon loop, nie meer sonder hulp kon loop nie. Sy het ook nie die verskillende behandelings verstaan wat Beckett moes ontvang sodat hy sterker kon word nie.

“Hoekom het ons haar saamgeneem en hoekom het sy dit alles op ’n jong ouderdom ervaar? Kinders het ondersteuning en samesyn nodig. Hulle moenie weggehou word van mense wat siek is nie.”

Burge sê Aubrey het baie tyd saam met Beckett deurgebring as hy siek was. “Sy was by hom in die badkamer wanneer hy opgebring het. Sy het hom ondersteun en versorg. Hulle is tot vandag toe nader aan mekaar. Sy versorg hom altyd.”

Burge het die afgelope maande foto’s van Beckett gedeel, terwyl hy steeds chemoterapie ondergaan. Die foto’s saam met sy suster, is ’n jaar gelede geneem.

So lyk Beckett nou. Foto: Facebook/Beckett Strong

Meer oor:  Beckett  |  Kaitlin Burge  |  Texas  |  Princeton  |  Limfoblastiese Leukemie  |  Kinderkanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.