Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ma swyg oor seun wat sy vrou se valskerm saboteer

Die ma van ’n Suid-Afrikaans gebore soldaat in die Britse weermag wil nie praat oor haar seun, sers. Emile Cilliers, wat die afgelope week skuldig bevind is aan poging tot moord, nie.

Zaan Cilliers, eienaar van ’n kleuterskool in Bettiesbaai, buite Kaapstad, wou ook nie vrae oor haar 37-jarige seun, ’n valskermsoldaat in die Britse weermag, beantwoord nie.

“Sussa, ek praat nie oor my seun nie, met niemand nie. Ek is jammer,” het Cilliers gesê en haar selfoon neergesit.

Emile Cilliers Foto: Facebook

Emile is die afgelope week in ’n Britse hof skuldig bevind aan poging tot moord, berig The Guardian.

Hy is daarvan aangekla dat hy in 2015 met die valskerm van sy eksvrou, Victoria Cilliers, gepeuter het kort voordat sy uit ’n vliegtuig in Wiltshire, Engeland, gespring het. Die valskerm wou nie oopmaak nie.

Victoria het beweer Emile Cilliers het haar probeer vermoor deur haar valskerm te saboteer.

Die Daily Mail het destyds berig sy het meer as 4 000 voet (net meer as 1,2 km) na benede geval.

Sy het toe getuig dat sy met haar valskerm gestoei het om dit te stabiliseer. Sy het die val oorleef, maar het gebreekte ribbes, ’n gebreekte bekken en gebreekte werwels opgedoen.

Sy het haar bewussyn in die hospitaal herwin – met haar man aan haar sy.

Sy het later aan die polisie gesê die feit dat twee belangrike lusse in die valskerm nie gewerk het nie, kon nie ’n ongeluk wees nie, “omdat dit nie kan breek nie”, is daar in die hof in Winchester getuig.

Emile, wat verhoudings met ’n ander valskermspringer en ’n vorige vrou gehad het, is op twee klagte van poging tot moord in hegtenis geneem.

Hy is daarvan aangekla dat hy Victoria op 30 Maart 2015 met ’n gaslekkasie probeer vermoor het en toe dit misluk, het hy ses dae later met haar valskerm gepeuter.

’n Datum vir vonnisoplegging moet nog bepaal word, berig die BBC.

Meer oor:  Valskerm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.