Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Maak immigrasie makliker, vra Britse groep

’n Koalisie van Britse nywerheidsgroepe en onderwysliggame het ’n beroep gedoen op die volgende Britse premier om voorgestelde hervorming van die immigrasiestelsel te verslap.

Hulle vrees dat Brexit tot ’n vermindering in vaardighede en tot arbeidstekorte kan lei.

Volgens die sameroepers van die #FullStrength-veldtog het hulle geskryf aan Boris Johnson, voorloper om die volgende leier van die Konserwatiewe party én premier te word, asook aan sy teenstander, die minister van buitelandse sake, Jeremy Hunt, om te vra dat die voorgestelde salarisperk in die konsep-immigrasiewetgewing van £30 000 tot £20 000 verlaag word.

Boris Johnson.

Brittanje het in Desember in ’n beleidsverslag sy grootste hervorming van die immigrasiebeleid in dekades uiteengesit. Dit sluit onder meer in dat burgers van die Europese Unie nie meer voorkeurbehandeling kry nie.

Kommer oor die sosiale en ekonomiese impak van immigrasie was een van die dryfvere wat die Britte in 2016 laat stem het om die Europese Unie te verlaat.

#FullStrength bring verskeie liggame byeen, London First, techUK, British Retail Consortium, UKHospitality en ander inkluis.

Hulle verteenwoordig duisende ondernemings met miljoene werknemers oor die hele Brittanje.

In hul gesamentlike brief sê hulle dat 60% van alle poste in Brittanje tans onder die salariskerf van £30 000 (sowat R519 000) per jaar val. Die vereiste kan te streng wees vir noodsaaklike dienste soos gesondheid en maatskaplike sorg.

Die koalisie vra ook dat die regering tydelike werkvisums vir buitelandse werkers van ’n jaar tot twee jaar verleng en die model van borgskappe wysig om dit vir klein en groot ondernemings makliker te maak om die oorsese talent in te span wat hulle nodig het.

Hulle vra ook dat die nagraadse visa vir internasionale studente heringestel word.

“Soos wat Brittanje gereed maak om die EU binnekort te verlaat, is dit noodsaaklik dat die regering maatreëls instel om te keer dat werkgewers uitgelewer is wat werwing betref en dat daar gewerk kan word om ’n suksesvolle ekonomie te laat groei wat oop en aantreklik is.”

Johnson is vasbeslote dat Brittanje die EU op 31 Oktober met of sonder ’n ooreenkoms gaan verlaat. Hunt het gesê hy sal net die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat indien daar geen ander uitweg is nie.

Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.