Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Macron kondig landwye inperking in Frankryk aan
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk spreek Woensdag die land toe in ’n televisie-uitsending.Foto: Reuters/Christian Hartmann

Frankryk sal vandeesweek terugkeer na ’n landwye staat van inperking in ’n poging om ’n tweede uitbreking van Covid-19, wat dreig om buite beheer te woed, weer in bedwang te bring, het pres. Emmanuel Macron Woensdag in ’n toespraak gesê.

Die nuwe maatreëls, wat van Vrydag van krag sal wees, behels dat mense slegs hul huise mag verlaat om noodsaaklike goedere te koop, behandeling te kry of vir ’n uur van oefening wat daagliks toegelaat word.

Mense sal steeds na die werk mag gaan as hul werkgewer dit onmoontlik vind om hulle van die huis af te laat werk en – anders as met die vorige inperking in Maart – gaan die meeste skole oopbly, sê Macron.

“Die virus sirkuleer teen ’n spoed wat nie eens in die mees pessimistiese voorspellings voorsien is nie. Soos al ons buurlande is ons verswelg deur die skielike versnelling van die virus. Ons is almal in dieselfde bootjie: oorweldig deur ’n tweede vlaag wat ons weet swaarder en dodeliker as die eerste gaan wees.”

Die nuwe maatreëls herhaal die inperking van agt weke wat in die lente ingestel is, toe hospitalisasies en sterftes weens Covid-19 ’n piek bereik het.

Dit was doeltreffend om die uitbreking te beperk, maar die virussiekte het weer begin versprei nadat inperkings op 11 Mei verslap en mense weer in klaskamers, universiteite, kroeë en eetplekke byeengekom het.

Frankryk het Dinsdag 523 nuwe Covid-19 sterftes binne 24 uur aangemeld, die hoogste daaglikse dodetal sedert April toe die epidemie op sy ergste was.

Dokters waarsku dat die waakeenhede die gevaar loop om oorweldig te raak.

Frankryk se dodetal van meer as 35 000 is die sewende hoogste ter wêreld, volgens Reuters se data.

Vroeër vandeesmand het Macron ’n aandklokreël in Parys en ander groot stede aangekondig, maar amptenare het vandeesweek erken dat dit ondoeltreffend was om die infeksiekoers af te bring en ’n meer drastiese reaksie is nodig.


Meer oor:  Frankryk  |  Koronavirus  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.