Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Macron probeer dooiepunt tussen VSA en Iran oplos

Dit het Maandag gelyk asof pres. Donald Trump van Amerika die moontlikheid om samesprekings met Iran te voer oophou.

Dit kom nadat pres. Emmanuel Macron van Frankryk die Iranse minister van buitelandse sake, Mohammad Javad Zarif, Sondag na die G7-spitsberaad in Frankryk laat vlieg het in ’n poging om die spanning tussen Amerika en Iran te ontlont.

Pres. Emmanuel Macron Foto: Reuters

Europese leiers sukkel om die smeulende konfrontasie tussen die twee lande in bedwang te hou sedert Trump Amerika aan die 2015-kernooreenkoms met Iran onttrek en sanksies teen die land heringestel het.

Macron probeer die afgelope maande hard om die twee lande terug by die onderhandelingstafel te kry.

Dit het die naweek ’n verrassende wending geneem toe Zarif na die Franse kusdorp Biarritz gevlieg het waar die G7-leiers vergader.

Hy was net drie uur daar en het met Macron asook met Duitse en Britse amptenare gepraat voordat hy weer vertrek het.

Dit lyk asof die waagstuk vrugte afgewerp het aangesien Trump Maandag sy onversetlike retoriek oor Iran effens versag en Macron se inisiatief gesteun het.

Hoewel hy weer bevestig het dat Washington steeds verreikende veiligheidstoegewings van Iran vereis, het hy aan verslaggewers in Biarritz gesê hy wil “ ’n regtig goeie Iran, werklik sterk Iran” sien en dat Amerika nie ’n regeringsverandering in die land nastreef nie.

“Ek het geweet (Zarif) is op pad en ek het dit gerespekteer. Ons wil Iran weer ryk maak, laat hulle ryk wees, laat hulle goed vaar, as hulle wil,” het Trump gesê.

Hy het gesê hy wou nie self met Zarif praat nie “omdat dit te gou is”.

Hy het gesê Amerika sal self na Iran uitreik. “Maar jy weet, ek kan nie mense keer om te praat nie. As hulle wil praat, kan hulle maar praat.”

Zarif het ná sy besoek aan Biarritz getwiet: “Die pad vorentoe is opdraand. Maar dis die moeite werd om te probeer.”

Franse amptenare het die besoek beskryf as belangrik in die proses om die “Iranse voorstelle te verfyn” om die krisis te help ontlont. Die G7-leiers het Saterdag gedurende hul aandete hieroor gepraat.– Reuters

Meer oor:  Pres. Emmanuel Macron  |  Pres. Donald Trump  |  Iran  |  Vsa  |  Wêreld  |  Samesprekings  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.