Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Maddie McCann: 3 lande se polisie wil nie saamwerk nie

Die gebrek aan samewerking tussen verskeie polisie-eenhede in die ondersoek na die verdwyning van Madeleine McCann (toe sy drie jaar oud was) is glo waarom haar ouers, Kate en Gerry, steeds geen antwoorde oor die jongste verwikkelinge kry nie.

Die Duitse ondersoekers sê in die dagblad La Republica hulle hét briewe aan die McCanns gestuur. In een het hulle glo duidelik gesê dat hulle tasbare bewyse het dat Madeleine dood is – waarskynlik nie lank nadat sy uit die gesin se vakansiewoonstel in Praia da Luz in die Algarve in Portugal gegryp is nie.

Die verdagte, wat intussen as Christian Brückner uitgeken is, dien tans in ’n Duitse gevangenis tronkstraf vir die smokkel van dwelms uit. Hy is al voorheen met seksmisdrywe verbind, wat seksuele dade met kinders en selfs met ’n bejaarde toeris insluit.

Dit is bekend dat die McCanns, wat min in die openbaar verskyn en byna nooit meer oor die saak praat nie, bly vasklou aan die hoop dat hul dogter nog leef.

In ’n seldsame verklaring vandeesweek het hulle ontken dat hulle ’n brief van die Duitse ondersoekers gekry het oor hul vermoedens dat Maddie dood is.

Maddie McCain

Intussen het Hans Christian Wolters, die Duitse aanklaer, gesê daar is twee briewe aan die McCanns gestuur via Brittanje se Scotland Yard. In die briewe is glo gesê:

* dat ’n moordsaak ondersoek word; en

* dat die ondersoek gevorder het tot waar tasbare bewyse gekry kon word.

Scotland Yard, wat daarop aandring dat hulle ’n verdwyning – en nie ’n moordsaak nie – ondersoek, het nie die briewe aan die McCanns oorhandig nie, onthul The Sun.

Dit plaas weer die aandag daarop dat die ondersoek na die verdwyning problematies is omdat die Duitse, Britse en Portugese polisie nie na behore saamwerk nie, berig The Sun.

Dié koerant het ook onthul dat die Duitse en Portugese polisie sedertdien kibbel oor die deel van DNS-bewyse, wat glo ’n sleutelaspek in die saak is.

Wolters het te kenne gegee dat die Portugese amptenare die saak belemmer, berig The Sun.

Volgens die MailOnline het die Portugese amptenare teruggekap en gesê die jongste beweringe laat hulle sleg lyk.

Dié polisieowerhede was al in 2007 in die spervuur toe Maddie verdwyn het.

Meer oor:  Madeleine Mccann
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.