Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Madonna ontken sy neem nog twee aan
Madonna Foto: AP

Madonna ontken dat sy aansoek gedoen het om nog twee Malawiese kinders aan te neem.

Die popster het eergister gesê sy is in Malawi vir liefdadigheidswerk.

Mlenga Mvula, woordvoerder van die departement van justisie, sê sy het eergister voor ’n regter van die hooggeregshof verskyn oor die aannemingskwessie.

“Ek is in Malawi om na die kinderhospitaal in Blantyre en my ander werk met Rais-ing Malawi te kyk en dan gaan ek huis toe,” sê Madonna in ’n verklaring.

“Gerugte oor ’n aannemingsproses is onwaar.”

AP kon Mvula nie ná Madonna se ontkenning in die hande kry nie.

Mvula het vroeër gesê hy het ’n aannemingslêer met besonderhede van die kinders en hy het aan die nasionale TV-diens gesê Madonna wil nog twee kinders aanneem.

Nyasa Times berig Titus Mvalo, ’n prokureur van Madonna, het gesê sy probeer nog twee kinders aanneem. Sy het David Banda in 2008 aangeneem en ­Mercy James ’n jaar later. – News24Wire

Meer oor:  Kinders  |  Madonna
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.