Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Madonna was te wit vir Tupac

’n Liefdesbrief wat Tupac Shakur uit die tronk vir Madonna geskryf het, onthul dat die kletsrymer hul verhouding verbreek het omdat die popkoningin wit is.

Die handgeskrewe brief, wat Woensdag op TMZ gepubliseer is, dateer van Januarie 1995 en is aan “M” geadresseer.

“Vir jou om met ’n swart man gesien te word, sal glad nie jou loopbaan in gevaar stel nie, inteendeel, dit kan jou net oper en opwindender laat lyk.

“Maar vir my, ten minste soos ek dit voorheen gesien het, het ek gevoel met my ‘beeld’ sal ek die helfte van die mense wat my gemaak het wat ek gedink het ek was, teleur sou stel.”

Hy vra haar by voorbaat om verskoning: “Ek het nooit bedoel om jou seer te maak nie. Ek het geestelik en verstandelik gegroei. My beeld maak nie meer vir my saak nie. Verstaan asseblief my vorige houding as ’n jong man met beperkte ervaring met ’n uiters beroemde sekssimbool.”

Verstaan asseblief my vorige houding as ’n jong man met beperkte ervaring met ’n uiters beroemde sekssimbool

Hy was toe 23 en Madonna 36.

Hy is 18 maande later op 7 September 1996 in Las Vegas doodgeskiet nadat hy by ’n boksgeveg van Mike Tyson was.

Volgens die BBC het hy die brief aan Madonna geskryf terwyl hy in die tronk was vir seksuele aanranding. Hy en Madonna het albei in die middel van die 1990’s die hoogtepunt van hul loopbaan bereik.

Die brief begin met ’n verskoning waarin Shakur vir Madonna sê dat hy nie “die soort vriend was wat ek weet ek kan wees nie”.

“Ek bied weer eens my vriendskap vir jou aan, maar hierdie keer baie sterker en gefokus. As jy steeds belangstel sal ek dit graag verder met jou wil bespreek, maar dit kon nie wag nie . . . ek het gevoel ek moet vir jou sê . . . in geval iets met my gebeur.”

Stern het verwys na ’n televisieonderhoud wat David Letterman in die 1990’s met haar gevoer het. Oor dié Letterman-onderhoud het sy gesê: “Ek het daardie tyd met Tupac Shakur uitgegaan, so ek het in die onderhoud baie

gangsta gevoel.”

Volgens die BBC het Rolling Stone die egtheid van die brief, wat drie bladsye lank is, bevestig.

“Ek weet nie hoe jy daaroor voel om by my te kom kuier nie, maar as jy dit in jou hart kan vind, sal ek graag van aangesig tot aangesig met jou wil praat. Dis vreemd, maar hierdie ervaring het my geleer om nie tyd vanselfsprekend te aanvaar nie,” eindig die brief voordat hy Madonna gewaarsku het.

“Wees asseblief versigtig Madonna! Daar is mense wie se harte bloei van jaloesie en boosheid! Hulle sal nie skroom om jou seer te maak nie! Laat my vyf koeëls die bewys daarvan wees!”

Die brief word binnekort deur Gotta Have Rock and Roll opgeveil met 'n openingsbod van $100.

Tupac Shakur sou op 16 Junie vanjaar 45 geword het en Madonna het op dié dag ’n foto van hulle twee as paartjie gedeel. Volgens die BBC is daar al meer as 75 miljoen van sy albums wêreldwyd verkoop.

Meer oor:  Wit  |  Madonna  |  Te
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.