Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mafiabaas in New York doodgeskiet

Vir die eerste keer in 34 jaar is ’n mafiabaas in New York op straat vermoor toe Francesco “Franky Boy” Cali, vermoedelik waarnemende hoof van die Gambino-mafiafamilie, Woensdag voor sy huis doodgeskiet is.

Die laaste mafiamoord op straat was in 1985 toe Paul Castellano met sy aankoms by die Sparks Steakhouse in Manhattan, New York, doodgeskiet is.

Cali (53) het die Gambino’s oorgeneem nadat die hoof van die mafiafamilie, John “Dapper Don” Gotti, in 1992 lewenslank tronk toe gestuur is, berig WPIX.

Niemand is nog vir Cali se moord in hegtenis geneem nie, sê Dermot F. Shea, die speurhoof van New York. Die polisie soek na ’n blou bakkie wat van die toneel weggejaag het.

Carli was tuis in Staten Island by sy familie toe die bakkie buite die huis in sy motor vasry. Vermoedelik is die ongeluk beplan om Cali uit sy huis te lok, sê Shea.

Die man in die bakkie het ’n wapen uitgepluk en op Cali begin skiet. Cali het agter sy motor probeer skuil toe die aanvaller weer met die bakkie in die motor vasjaag.

Cali is by die hospitaal dood verklaar. Hy is minstens ses keer geskiet, berig NBC.

Die polisie bekyk sekuriteitsvideo’s in die omgewing en praat met ooggetuies. Dit is nog nie duidelik of die moord verband hou met georganiseerde misdaad nie, sê Shea.

Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) is aktief by die ondersoek betrokke en volgens ’n bron naby aan die ondersoek word Cali se huis deur FBI-agente deurgesoek.

Die Gambino-familie is een van die vyf families wat die misdaadtoneel in New York oorheers het en as deel van die mafia (Cosa Nostra) gesien is, skryf wikipedia.

Meer oor:  New York  |  Mafia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.