Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Malawi huldig Chakwera vir 5 j. in

Malawi se nuwe president, Lazarus Chakwera, is Sondag vir ’n termyn van vyf jaar ingehuldig net ure nadat hy die voormalige leier, Peter Mutharika, in ’n herverkiesing verslaan het.

Chakwera (65) het 58,7% van die stemme in verlede Dinsdag se verkiesing gewen, wat ’n dramatiese ommekeer in die uitslae van die oorspronklike verkiesing in Mei 2019 is en wat later deur die howe omgekeer is. Die herverkiesing is deur ontleders bestempel as ’n toets vir die vermoë van Afrika-howe om verkiesingsbedrog aan te pak en presidensiële mag aan bande te lê.

“Om vandag as president voor julle te staan is ’n eer. Dit is ’n eer wat my met onuitspreeklike vreugde en uiterste dankbaarheid vul,” het Chakwera in sy aanvaardingstoespraak gesê.

“Met jul hulp kan ons die nuwe generasie se geloof herstel in die moontlikheid van ’n regering wat dien, nie ’n regering wat beheer nie,” het hy aan ’n juigende skare in die kleure van sy eie Malawi Kongresparty (MCP) en die Verenigde Party van visepres. Saulos Chilima gesê.

Lazarus Chakwera
Lazarus Chakwera, Malawi se nuwe president, waai vir ondersteuners nadat hy Sondag ingehuldig is. Foto: AP

Die MCP is Malawi se stigtersparty en Chakwera se oorwinning bring dit ná 26 jaar van teenkanting weer aan die bewind.

Die regstelsel het Mutharika in Februarie woedend gemaak toe die uitslae van die verkiesing in Mei 2019, wat hom vir ’n tweede termyn aan die bewind geplaas het, omgekeer is weens onregmatighede en die bevel om ’n herverkiesing te hou. Mutharika se betwiste oorwinning het maande se teenregeringsbetogings tot gevolg gehad, iets wat min in Malawi gebeur.

Mutharika het Sondag gesê daar was onregmatighede tydens die verkiesing, wat geweld en intimidasie teen die party se verkiesingsmonitors insluit, maar sy klagte is deur die verkiesingskommissie verwerp.

“Die bestryding van korrupsie is nou meer as ooit van die uiterste belang,” het Lauryn Nyasulu, president van die Ekonomiese Vereniging van Malawi, gesê.

“Die regering moet skuiwergate toestop en enige bronne wat beskikbaar is gebruik om die ekonomie op te bou en die welvaart van diegene wat erg deur die Covid-19-pandemie geraak is te beskerm.”– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.