Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Malawi-kinders kry 1ste malaria-inentings in wêreld

Kinders in Malawi het Dinsdag die wêreld se eerste malaria-inenting begin kry.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê in ’n mediaverklaring wat in Genève uitgereik is dat die baanbrekersprogram behels dat kinders tot en met twee jaar oud met die entstof, wat as RTS, S bekend staan, ingeënt word.

Dit gaan binne enkele weke ook in Ghana en Kenia beskikbaar gestel word.

“Dit het die potensiaal om tienduisende kinders se lewens te red,” sê dr. Tedros Adhanom, direkteur-generaal van die WGO, in die verklaring.

Volgens die organisasie is vinnige vooruitgang in die laaste 15 jaar met behulp van muskietnette en ander ingrypings gemaak om malariasterftes onder kinders op die vasteland te voorkom.

“In die laaste tyd het die situasie egter weer agteruitgegaan, en in sommige gebiede selfs teruggekeer na wat die omstandighede voorheen was,” sê Adhanom.

“Ons het nuwe oplossings nodig om weer op die regte pad te kom en hierdie inentings is ’n kragtige hulpmiddel om daarin te slaag.”

Dit het 30 jaar geneem om die entstof te ontwikkel en dit is tot op hede die enigste wat malaria in kinders voorkom. “In kliniese toetse is bevind dat die entstof sowat vier uit tien malariagevalle – wat drie uit tien lewensgevaarlike malaria insluit – kan voorkom,” sê Adhanom.

Die loodsprogram wat nou in die drie lande begin word, sal die WGO help om vas te stel of dit effektief in ander lande aangewend kan word. Daar sal byvoorbeeld gekyk word of kindersterftes weens malaria danksy die inentings afneem en of die ouers getrou en betyds hul kinders vir die vier vereiste inentings neem.

Die inenting gaan na raming 360 000 kinders per jaar in die drie lande bereik. Die regerings in die lande sal bepaal waar die inentings gedoen sal word.

Meer oor:  Malawi  |  Malaria  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.