Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Malta-hoë bedank ná moord op joernalis

Joseph Muscat, premier van Malta, het Dinsdag gesê hy gaan nie self bedank nie ná die bedanking van sy stafhoof weens ’n moordskandaal.

“My rol is nou om seker te maak dat die land stabiele leierskap het. My rol is om te verseker ons navigeer deur hierdie onstuimige tye,” sê Muscat.

Joseph Muscat

Hy het vroeër Dinsdagoggend bekend gemaak Keith Schembri, stafhoof van die eilandstaat net suid van Italië in die Mediterreense See, het bedank.

Schembri staan die polisie nou by in hul ondersoek na die moord op ’n joernalis.

Daphne Caruana Galizia is in 2017 in ’n bomontploffing dood. Sy was besig met ’n ondersoek na korrupsie op die hoogste regeringsvlak.

Schembri was die afgelope week onder druk om te bedank omdat hy bande met die ryk sakeman Yorgen Fenech het. Fenech­ is verlede week aangekeer toe hy uit die land probeer vlug het.

Drie mans is vroeër weens die huurmoord aangekeer, maar dit was tot verlede week onbekend wie dit beplan het.

Melvin Theuma, ’n verdagte in ’n ander saak, is onlangs aangekeer. Hy sê hy sal met die hele sak patats vorendag kom as hy kwytskelding kry.

Presidensiële kwytskelding is aan hom toegestaan. Hy het daarna gebieg hy was die middelman tussen­ Fenech, die beplanner en die drie bomplanters.

Galizia het destyds in haar blog geskryf die maatskappy 17 Black het omkoopgeld aan Schembri en Konrad Mizzi, huidige minister van toerisme, betaal.

Sy het nie geweet wie 17 Black besit nie. Reuters het onlangs uitgevind Fenech is die eienaar. Reuters

Meer oor:  Malta  |  Moord  |  Premier  |  Bedanking  |  Joernalis  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.