Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Malta red 85 migrante van sinkende boot

’n Maltese patrollieboot het Vrydagaand ’n groep van 85 migrante gered en sou hulle volgens die weermag al Saterdagoggend na Malta gebring het.

Die migrante, wat vermoedelik van Noord- en Oos-Afrika afkomstig is, was in ’n sinkende houtboot, het die weermag gesê.

Malta is aan die voorpunt van ’n plan van die Europese Unie (EU) om migrante wat in die Middellandse See gered word, met lidstate te deel wanneer die reddingsbote toegang tot Italië geweier word.

Die jongste voorval hou verband met ’n Duitse reddingsboot, die Alan Kurdi, wat 60 migrante gered het en toe toegang tot Italië geweier is. Die boot kon egter op 13 April by Malta aan wal gaan sodat die migrante tussen Duitsland, Frankryk, Portugal en Luxemburg verdeel word.

Migrante verlaat die Duitse reddingsboot Alan Kurdi in April vanjaar nadat die boot by Malta aan wal gegaan het. Foto: Reuters

Dimitris Avramopoulos, die EU se kommissaris vir migrasie, het Malta Dinsdag besoek en die eiland geloof vir sy reaksie.

“Malta staar sonder twyfel groot migrasie-uitdagings in die gesig in vergelyking met sy bevolkingsgrootte,” het Avramopoulos gesê.

“Op EU-vlak het ons teruggekeer na die voor-krisisvlakke van onreëlmatige besoeke, maar in Malta het die besoeke sedert 2018 toegeneem weens soek- en reddingsoperasies in die Middellandse See en die onstabiele situasie in Libië.”

Malta het 108 migrante in Maart ingeneem nadat sy soldate ’n klein olieboot oorgeneem het wat volgens die owerhede deur drie tieners gekaap is.

Die drie – een van die Ivoorkus en twee van Guinee – het probeer om die boot, wat hulle en ander migrante gered het, te dwing om hulle na Malta te neem en nie terug na Libië nie.

Die drie is nou verhoorafwagtend en in ’n Maltese tronk vir minderjariges. Hulle het skuld ontken.

’n Ander groep van 87 migrante is ook deur ’n Maltese patrollieboot gered en na Malta gebring. Reuters

Meer oor:  Malta  |  Immigrante  |  Europa  |  Migrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.