Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man gevang wat glo vriendin, gesin en eie ouers skiet

Die polisie in Warsaw in die Amerikaanse deelstaat Virginië het Sondag ’n man aangekeer nadat hy vermoedelik die vorige dag eers sy vriendin, haar pa en broer, en daarna sy eie ouers doodgeskiet het.

Dakota Theriot (21) wat daarvan verdink word dat hy vyf mense vermoor het. Foto: Reuters

USA Today berig Dakota Theriot (21) is by sy ouma se huis aangekeer, 16 uur se ry van waar hy na bewering Billy Ernest (43), Tanner Ernest (17) en Summer Ernest (20) in hul blyplek in ’n karavaanpark in Livingston in die Amerikaanse deelstaat Louisiana doodgeskiet het.

Twee jonger kinders in die gesin het na ’n buurvrou gevlug en is ongedeerd, berig die BBC.

Hy het met ’n gesteelde motor 40 km tot by sy ouers se huis in Gonzales gery, waar hy hulle doodgeskiet het.

Elizabeth en Keith Theriot (albei 51), is kort daarna in die hospitaal dood. Sy pa het volgens die polisie sy seun as die skieter geïdentifiseer.

Theriot het glo by die Ernests gewoon nadat sy ouers hom ’n paar weke gelede gevra het om te trek.

Volgens aanvanklike inligting was Theriot en Summer in ’n verhouding.

Die ouma het die polisie in Virginië gevra om te gaan kyk of dit veilig is vir haar om na haar huis terug te keer, nadat sy Saterdag uit vrees vir haar kleinseun in ’n hotel gaan oornag het.

Die polisie was reeds daar toe Theriot opdaag. Hy het volgens die polisie aangery gekom met ’n vuurwapen in sy hand en sy arm by die venster uit, maar het homself daarna aan die polisie oorgegee.

- NBC

Meer oor:  Warsaw  |  Gesinsmoord  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.