Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man (75) sit skieter in moskee in Oslo koud

’n Man wat verskeie vuurwapens by hom gehad het, het Saterdag in ’n moskee in Oslo, hoofstad van Noorweë, op aanbidders geskiet.

Net een mens is lig beseer in die aanval voordat die aanvaller deur ’n 75-jarige aanbidder oorrompel is, het die polisie gesê.

Die hoof van die moskee in die Islamitiese kultuursentrum in die woonbuurt Baerum het die aanvaller, wat later deur die polisie in hegtenis geneem is, as ’n wit man beskryf wat ’n kophelm en uniform gedra het.

Etlike ure later het die polisie gesê die lyk van ’n jong vrou is by die verdagte se huis gevind en dat hy van moord op dié vrou aangekla word. Hy word ook van poging tot moord oor die moskee-skietery aangekla.

Mense vergader Sondag buite die Islamitiese kultuursentrum in Oslo. Foto: Reuters

Rune Skjold, assistent-polisiehoof, het tydens ’n nuuskonferensie gesê die aanvaller is 20 jaar oud en ’n Noorse burger van die gebied.

Skjold het gesê die verdagte het teenoor die polisie sy bewondering uitgespreek vir Vidkun Quisling, ’n Noorse politikus wat destyds met die Nazi-besettingsmag tydens die Tweede Wêreldoorlog geheul het. Hy het ook uitsprake gemaak teen immigrante, berig Al Jazeera.

Die voorval het Saterdag net ná 16:00 plaasgevind, ’n dag voor die viering van die heiligste Moslemvakansiedag, Eid-al-Adha of “Fees van die Offerande”.

“Een van ons lede is deur ’n wit man geskiet wat ’n kophelm en uniform gedra het,” het Irfan Mushtaq, die hoof van dié moskee, aan die plaaslike koerant Budstikka gesê, berig Al Jazeera.

Mushtaq het aan ’n ander Noorse koerant, VG, gesê die aanvaller het verskeie wapens by hom gehad, maar is deur ’n bejaarde lid van die moskee oorrompel. - Reuters 

Meer oor:  Oslo  |  Noorweë  |  Skietvoorval  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.