Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man agter ‘Wolf of Wall Street’ dagvaar rolprentmakers

’n Voormalige makelaar en inspirasie vir die fliek The Wolf of Wall Street, dagvaar die rolprentmakers vir bedrog en kontrakbreuk en eis skadevergoeding van $300 miljoen van hulle, berig The Guardian.

Jordan Belfort (57) voer aan dat die 2013-rolprent met verdagte Maleisiese geld gefinansier is, berig The Hollywood Reporter. Dus moet hy $300 miljoen betaal word en ook vrygestel word van sy kontrak met die omstrede produksiemaatskappy, Red Granite, aan wie hy die rolprentregte op sy memoire oorgeteken het.

Die bedrag waarvoor hy dagvaar, is hoeveel die rolprent by die loket verdien het, berig die BBC.

In die regsgeding sê Belfort as hy geweet het Red Granite word deur “skelm” geld gesteun, sou hy nooit die ooreenkoms in 2011 onderteken het nie.

Volgens hom is daar aan hom gesê Red Granite word gefinansier deur wettige individue en maatskappye met ’n hoë netto waarde, waaronder die beleggingsmaatskappy Goldman Sachs.

Volgens die BBC beskryf die maatskappy se prokureur Belfort se eis as “desperaat en uiters ironies”.

Riza Aziz, medestigter van Red Granite Pictures, is verlede jaar vir geldwassery in hegtenis geneem.

Belfort beweer Aziz “het hierdie misdade en finansieringsbronne van my af weggesteek” en dat hy “onkant betrap is” deur die ware bron van die maatskappy se finansiering.

Aziz is die stiefseun van die voormalige Maleisiese premier Najib Razak, wat daarvan beskuldig word dat hy $700 miljoen van die regeringsbestuurder IMDB – wat die rolprent gefinansier het – by sy persoonlike bankrekeninge inbetaal het.

Belfort se memoire, The Wolf of Wall Street, is in 2007 gepubliseer nadat hy 22 maande in die tronk was vir finansiële bedrog rakende sy bedrywighede in die 1980’s en 1990’s met sy makelaarsfirma Stratton Oakmont. As deel van sy straf is hy ook beveel om meer as $110 miljoen aan sy kliënte terug te betaal. ’n Tweede memoire, Catching the Wolf of Wall Street, is in 2009 gepubliseer.

Leonardo DiCaprio het die rol van Belfort in die rolprent vertolk. Die fliek is vir vyf Oscars benoem en bly die regisseur Martin Scorsese se suksesvolste rolprent wat die wêreldwye loket betref.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.