Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man en 9 kinders sterf in botsing in VSA
Noodpersoneel is Saterdag op die toneel waar 18 voertuie in ’n kettingbotsing in die Amerikaanse deelstaat Alabama betrokke was. Foto: Ricky Scott via Reuters

Nege kinders en ’n man het Saterdag gedurende ’n tropiese storm in die Amerikaanse deelstaat Alabama in ’n kettingbotsing tussen 18 voertuie gesterf.

Volgens die owerhede het die ongeluk ten tyde van die tropiese storm Claudette op ’n hoofweg plaasgevind.

Danny Bond, polisielid, sê ’n nege maande oue baba en haar 29-jarige pa het gesterf, asook agt kinders wat in ’n voertuig van die organisasie Youth Ranches vervoer is.

Die kinders was op pad na ’n plaas vir verwaarloosde en mishandelde kinders nadat hulle by die see vakansie gehou het.

Candice Gulley, direkteur van die plaas, is die enigste persoon in die voertuig wat die ongeluk oorleef het.

Benewens haar seun en dogter, het vier meisies wat op die plaas gewoon het, asook twee seuns, wat glo gaste was, in die ongeluk omgekom.

Bond sê die ongeluk, wat tussen Greenville en Fort Deposit plaasgevind het, word ondersoek.

“Dit is die ergste ongeluk in ons distrik se geskiedenis,” het Bond gesê. Reuters


Meer oor:  Vsa  |  Tropiese Storm  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.