Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man geskiet ná voorval in vliegtuig

’n Man is Sondag doodgeskiet toe hy die stuurkajuit van ’n Biman Bangladesh Airlines-vliegtuig probeer binnegaan het.

Die vlieënier het ’n noodlanding uitgevoer toe die man daarop aangedring het om met sjeik Hasina Wazed, Bangladesj se premier, te praat omdat hy kwansuis ’n persoonlike probleem het. Hy het ’n bemanningslid gyselaar gehou.

Soldate het die vliegtuig ingewag toe dit op die suidoostelike kusstad Chittagong se Shah Amanat-lughawe land.

“Ons het probeer om hom in hegtenis te neem of om hom sover te kry om homself oor te gee, maar hy het geweier en ons het hom geskiet,” sê genl.maj. S.M. Motiur Rahman van die Bangladesj-weermag.

Al 142 passasiers en die bemanningslede is ongedeerd.

Nayeem Hasan, voorsitter van die burgerlugvaartowerheid in Bangladesj, sê dit het gelyk asof die man, vermoedelik 25 jaar oud, ’n pistool by hom gehad het en daar was plofstof aan sy lyf vasgemaak.

Dit is nie bekend of die pistool of die plofstof eg was nie.

Die man het Bengaals gepraat en daar word vermoed dat hy van Bangladesj is, maar sy identiteit is nog vasgestel nie, sê amptenare.

Die Boeing 737 was onderweg na Dubai en die voorval was kort nadat dit in Dhaka opgestyg het. Reuters

Meer oor:  Vliegtuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.