Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man in Australië oorleef vir weke met grondwater

Die Australiese polisie het ’n tweede man wat vir weke vermis was in die verafgeleë deel van die land se noordelike gebied, bekend as die Australiese Outback, gevind nadat die man die hitte oorleef het deur grondwater te drink.

Phu Tran
Phu Tran

Die polisie het Dinsdag gesê ’n plaaslike boer het Phu Tran (40) naby Alice Springs gevind nadat hy twee weke gelede vermis geraak het nadat hy en twee van sy vriende gaan stap het.

Pauline Vicary, ’n superintendent, sê dit gaan goed met Tran.

“Hy was ’n bietjie gedisoriënteerd, maar dit gaan goed met hom.”

Tran is drie dae ná sy vriend Tamra McBeath-Riley gevind nadat hy ook vermis geraak het.

McBeath-Riley is minstens ’n kilometer van die motor gevind wat die vriende gebruik het om in te reis.

McBeath-Riley het aan die oewerhede vertel dat hul motor onklaar geraak het en dat hulle aanvanklik naby die motor gebly het.

Die groep het van die beperkte voorraad gelewe wat hulle ingepak het, maar nadat hul water opgeraak het, het Tran en Claire Hockridge, ’n derde lid van die groep wat steeds vermis is, gaan hulp soek.

Tran en Hockridge het ’n kompas en GPS-toestel saamgeneem toe hulle hulp gaan soek het.

Albei van hulle het glo oorleef deur water by ’n watergat te drink, waarna hul paadjies geskei het.

Die polisie sê hulle is hoopvol dat hulle Hockridge vinnig sal opspoor. – Reuters

Meer oor:  Phu Tran  |  Alice Springs  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.